Local newsSchoolsVryheid Herald

Pionier-leerders blink uit in redenaars en sport

Pionier-redenaars wen kompetisie terwyl leerders ook in sport en akademie presteer.

Pionier-redenaars tree as EG Jansen-wenners uit die stryd. Ons junior-span, bestaande uit Anzené Cloete en Diané Barnard, is tydens hierdie jaarlikse kompetisie, te Danville Park Girls High in Durban, as die wenspan gekroon. Anzené is ook as beste redenaar onvoorbereide toespraak, sowel as beste redenaar voorbereid, aangewys. Ons is ook supertrots op ons senior-span, Kyla Bosman en Wijtske Fourie, wat hul ook uitstekend van hul taak gekwyt het. Ons is ongelooflik trots op julle.

NWU-16 Sportreeks vs Ferrum

Die wintersportspanne het vroeg Saterdag-oggend na Newcastle gereis om teen Ferrum kragte te meet. Alhoewel dit ‘n uitdagende dag was, het Pionier met goeie sportmangees uit die stryd getree. Die uitslae is soos volg:

Rugby: o.14: 5–26, o.15: 8–27, o.16: 43–10, tweedespan: 0–60 en eerstespan: 6–53.

Hokkie: o.14: 0–4, o.15: 1–2, o.16: 1–3, tweedespan: 3–0, eerstespan: 0–0, seunspan 4–1.

Netbal: o.14: 6-23, o.15: 15-18, o.16: 6-24, tweedespan: 25-25 en eerstespan: 26-23.

Swem

Baie geluk aan Mia Pienaar wat gekwalifiseer het om aan die SA-Youth Swemgala te gaan deelneem. Ons is trots op jou.

Gholf

Baie geluk aan Heike Venter wat aan die SA-Amateur Ope Vroue Gholftoernooi deelgeneem het. Sy het met die “Strokeplay” 47ste gekom en in die “Fight Division Matchplay” die Top 16 behaal. Welgedaan, Heike!

Brugboukompetisie

’n Groepie IGO-klas leerders het aan ’n brugboukompetisie te Harrismith deelgeneem. Ons is ongelooflik trots op elke leerder wat hul kreatiwiteit, spanwerk en deursettingsvermoë gewys het. Julle het nie net brûe gebou nie, maar ook mooi herinneringe en waardevolle ervaring!

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Carlien Grobler

A community-based journalist at Vryheid Herald since 2019, reporting on everything from hard news to human interest stories and sports, keeping the community informed

Related Articles

Back to top button