Dr Boshoff beklemtoon vryheid en kultuur by Newcastle-byeenkoms
Dr Wynand Boshoff van die VF Plus spreek lede in Newcastle toe oor vryheid, kultuur, politiek en die rol van minderhede in Suid-Afrika.
Dr. Wynand Boshoff, lid van die parlement vir die Vryheidsfront Plus (VF Plus), het Saterdag, 7 Maart, lede in Newcastle by die Pines Wedding and Conference Village toegespreek oor kernbeginsels wat volgens hom belangrik is om in die politieke arena in gedagte te hou.
Vryheid, kultuur en politiek
Boshoff het drie hoofaspekte uitgelig: vryheid, kultuur en politiek.
Volgens hom beteken vryheid nie net dat ’n persoon iets mag doen nie, maar ook dat mense die ruimte het om iets tot stand te bring. Dit sluit die reg in om besluite te neem – goed of sleg – en om die gevolge van daardie besluite te dra.
Hy het verder verduidelik dat kultuur ’n antwoord bied op baie ingewikkelde vrae in die samelewing. Voorbeelde hiervan sluit in hoe ’n gesin lyk, wat ’n huwelik behels en hoe kinders grootgemaak word.
Die derde aspek, politiek, beskryf hy as die ruimte waar mense aan openbare sake werk. Dit sluit praktiese sake in, soos hoe ’n stadsaal funksioneer of hoe strate bestuur word.
SA as ‘n ryk
Boshoff het ook na Suid-Afrika verwys as ’n soort ‘ryk’, met verskeie volke en kulture wat daarin saamleef. Volgens hom kan Suid-Afrika daarom nie as ’n land van slegs een volk of groep beskou word nie, en moet daar maniere gevind word om die belange van verskillende gemeenskappe te beskerm.
In sy slot het hy die werklikheid beklemtoon dat sommige gemeenskappe in Suid-Afrika as minderhede funksioneer en moet leer hoe om hulself binne daardie konteks te handhaaf.
Volgens Boshoff is dit ook belangrik om die sienings van politieke teenstanders te verstaan as deel van gesonde politieke deelname.
The news provided to you in this link has been investigated and compiled by the editorial staff of the Newcastle Advertiser, a sold newspaper distributed in the Newcastle area. Please follow us on Youtube and feel free to like, comment, and subscribe. For more local news, visit our webpage, follow us on Facebook and Twitter, and follow us on our WhatsApp Channel



