Local newsNewcastle AdvertiserSchools

Hoërskool Volksrust verwelkom me. Jansie Steyn

Me. Jansie Steyn begin 'n nuwe hoofstuk by Hoërskool Volksrust.

“Dit is vir ons ‘n groot voorreg om me. Jansie Steyn by die Volkie-span te verwelkom,” sê Marietjie Steyn van Hoërskool Volksrust.

Passie vir onderwys en lewenslange leer

Me. Steyn is tans ‘n eerstejaarstudent in onderwys en sien daarna uit om deel van die skoolgemeenskap te wees.

Sy het in Newcastle grootgeword en aan Hoërskool Amajuba gematrikuleer. Ná baie jare in Swartruggens het sy sowat vyf jaar gelede na Volksrust verhuis.

Me. Steyn is die ma van ses kinders en ouma van twee kleinkinders.

Sy geniet die buitelewe, sport en lewenslange leer; eienskappe wat volgens die skool goed by die Volkie-kultuur pas.

Haar belangstelling in onderwys het reeds op skool begin en is verder ontwikkel deur 19 jaar se tuisonderrig, asook haar ervaring as onderwysassistent by Volksrust Christian Private School.

Bo alles is me. Steyn ‘n diep gelowige Christen wat dankbaar is vir die tweede kans wat die Here haar gegee het.

“Ons glo haar geloof, lewenservaring en passie vir onderwys sal ‘n waardevolle bydrae tot ons skool en ons leerders lewer.”

Me. Steyn sal Wiskunde aan Graad 10-leerders aanbied.

“Welkom by die Volkie-familie, me. Steyn. Ons wens jou alle voorspoed toe met hierdie nuwe hoofstuk.”


The news provided to you in this link has been investigated and compiled by the editorial staff of the Newcastle Advertiser, a sold newspaper distributed in the Newcastle area. Please follow us on Youtube and feel free to like, comment, and subscribe. For more local news, visit our webpage, follow us on Facebook and Twitter, and follow us on our WhatsApp Channel

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Infromation supplied

The contents of this article was supplied by Marietjie Steyn of Volksrust High School.

Related Articles

Back to top button