Local newsSchoolsVryheid Herald

Pionier vier 50 jaar met fees, 7’s-rugbytitels en landloop

Pionier vier 50 jaar en behaal uitstekende uitslae in 7's-rugby en landloop.

Hoërskool Pionier het die afgelope naweek sy 50ste bestaansjaar met ‘n besonderse feesviering herdenk. Oud-Pioniers, huidige- en voormalige personeel, ouers en vriende van die skool, het van heinde en verre saamgetrek om hierdie belangrike mylpaal te vier.

Die naweek was gevul met samesyn, herinneringe, vermaak en trots, op die skool se ryke geskiedenis. Die fees het nie net teruggekyk op vyf dekades van uitnemendheid nie, maar ook die sterk grondslag bevestig waarop Pionier voortbou.

Baie dankie aan elke organiseerder, borg, ondersteuner en gas, wat bygedra het om hierdie viering ‘n groot sukses te maak. Pionier kyk met dankbaarheid terug op 50 jaar van trots, gees en tradisie en sien met opgewondenheid uit na die volgende 50 jaar.

Pionier se 7’s-rugbyspanne blink uit in Richardsbaai

Die O/17-span het ‘n puik toernooi beleef en al vier hul wedstryde gewen om sodoende as kampioene gekroon te word.

  • Wen teen Richem: 28–0
  • Wen teen Birdswood: 47–7
  • Wen teen Empangeni: 14–12
  • Wen in die finaal teen Hoërskool Richardsbaai: 24–12

Die O/15-span het ook ‘n uitstekende toernooi beleef en vier van hul vyf wedstryde gewen. Hulle het na die finaal deurgedring, waar hulle ná ‘n spannende wedstryd net-net teen Pongola Akademie vasgeval het.

  • Wen teen Richem: 34–5
  • Wen teen Felixton: 21–10
  • Wen teen Curro Salt Rock: 62–0
  • Wen teen Hoërskool Richardsbaai: 22–12
  • Verloor in die finaal teen Pongola Akademie: 7–12

Baie geluk aan beide spanne en hul afrigters met hierdie uitstekende prestasie.

Jaarlikse landloopbyeenkoms

Hoërskool Pionier se jaarlikse landloopbyeenkoms het die afgelope week met groot sukses plaasgevind. Die hele skool het aan die byeenkoms deelgeneem en uitstekende sportmangees en deelname getoon.

Dogters:

  • Junior: Alissa Venter
  • Senior: Leané van Zyl

Seuns:

  • Junior: Hein Brückner
  • Senior: Leroux Joubert

Baie geluk aan al die wenners met hul uitstekende prestasies.

Pionier-atlete neem aan KZN-landloop deel

‘n Groepie Pionier-atlete het die afgelope naweek aan die KZN-landloopbyeenkoms in Richardsbaai deelgeneem. Die atlete het die skool met trots verteenwoordig en waardevolle ervaring opgedoen.

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Carlien Grobler

A community-based journalist at Vryheid Herald since 2019, reporting on everything from hard news to human interest stories and sports, keeping the community informed

Related Articles

Back to top button