SchoolsVryheid Herald

Pionier geniet Lentedag

Die leerders het Donderdagaand hul mooi-moois uitgehaal en ‘n heerlike Lentesokkie geniet

LENTEDAGBEDERF

Lentedag het die Graad 10-VLR-groep van Hoërskool Pionier die SAVF se Jubiläum- en Sanja-tehuis besoek. Die leerders het lentegroete oorgedra en geskenkies gegee. Die leerders en inwoners het die kuier en gesels terdeë geniet.
Die leerders het Donderdagaand hul mooi-moois uitgehaal en ‘n heerlike Lentesokkie geniet. Vrydag is die begin van die pragtige seisoen in mooi lenteklere gevier. Dit was soos altyd ’n baie spesiale dag by Pionier.
KRIEKETNUUS
Pionier se eerstespan-krieket het Dinsdag, 29 Augustus, teen Hoërskool Vryheid krieket gespeel.
Hoërskool Vryheid wen die loot en besluit om eerste te boul.
Pionier het eerste gekolf en ’n totaal van 134 lopies vir die verlies van sewe paaltjies aangeteken. Wian de Villiers het 75 lopies aangeteken.

Pionier het tweede geboul. Hoërskool Vryheid het 136 lopies vir die verlies van agt paaltjies aangeteken. Hoërskool Vryheid hoër wen die wedstryd met twee paaltjies.

Die beste Pionier-boulers was Joshua Buijs, wat drie, en Keanu Rossouw, wat twee paaltjies geneem het.

Pionier se eerstespan-krieket het Woensdag, 30 Augustus, teen Hoërskool Newcastle krieket gespeel.

Pionier het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Pionier het ’n mooi totaal van 155 lopies vir die verlies van vyf paaltjies aangeteken. Nathan Nel het 37 lopies en Joshua Buijs 24 lopies gemaak.

Hoërskool Newcastle het 146 lopies vir die verlies van ses paaltjies aangeteken.

Pionier wen die wedstryd met vyf paaltjies.

Die beste boulers was Joshua Buijs, wat drie paaltjies gevat het en Keanu Rossouw, wat twee paaltjies gevat het.

7’S-RUGBY

Op 1 en 2 September het die rugbyspelers aan die 7’s-toernooi by Hoërskool Ferrum deelgeneem.

Die uitslae is as volg:

O/15’s

Hoërskool Pionier vs Hoërskool Newcastle: 34-12;
Hoërskool Pionier vs Vryheid Landbou: 14-19
Hoërskool Pionier vs Hoërskool Sarel Cilliers: 29-12;
Hoërskool Pionier vs Vryheid Landbou (semifinaal): 28-15;
Hoërskool Pionier vs Hoërskool Piet Retief (finaal): 7-19.

Die O/15-span eindig tweede in die toernooi.

O/17’s

Hoërskool Pionier vs Hoërskool Ladysmith: 17-7;
Hoërskool Pionier vs Hoërskool Vryheid: 5-19
Hoërskool Pionier vs Pongola Akademie: 17-0;
Hoërskool Pionier vs Hoërskool Piet Retief: 5-41;
Hoërskool Pionier vs Vryheid Landbou: 12-22.

Die 7’s seisoen sluit die komende naweek af wanneer beide spanne aan die Hoërskool Vryheid toernooi deelneem. Pionier sien met groot verwagtinge daarna uit.

DOGTERSKRIEKET

Pionier se dogters-eerstespankrieketkrieket het Donderdag, 31 Augustus, op Pionier se krieketveld teen Hoërskool Vryheid gespeel.

Pionier het die loot gewen en besluit om eerste te boul.

Vryheid het 53 lopies vir vyf paaltjies in 15 beurte aangeteken.

Die beste bouler vir Pionier was Cherize Combrinck, wat twee paaljies vir net nege lopies geneem het.

Daarna was dit Pionier se beurt om te kolf.

Pionier het 54 lopies vir drie paaltjies in ses beurte aangeteken.

Die beste kolwer was Mia van Deventer, wat 19 lopies van 10 balle geslaan het.

Pionier wen die wedstryd met sewe paaltjies.

Pionier is supertrots op hierdie puik krieketspan. Dis nou ’n span om dop te hou.

ALSO READ: Pionier streef na die beste

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button