SchoolsVryheid Herald

Pionier presteer op sportgebied

Pionier sien met groot verwagtinge uit na wat hierdie jaar se sportsoorte gaan oplewer

1. Die Interhuis-atletiekbyeenkoms het op 23 Januarie plaasgevind. Die verskillende laers se puik atlete, die ouers se ondersteuning en die leerders se spangees het van die byeenkoms ‘n reuse sukses gemaak. Pionier is trots op die goeie prestasies wat behaal is.

Die volgende atlete het die prestasie as junior en senior Victor en Victrix Ludorum behaal:

Junior Victor Ludorum – Seth Jennings;

Junior Victrix Ludorum – Lise Terblanche;

Senior Victor Ludorum – Josh Jordaan;

Senior Victrix Ludorum – Chanté Oosthuizen.

2. Op 27 Januarie het 20 Pionier-skuts aan die KZN-liga 1-kompetisie deelgeneem.

Die puik uitslae het ons aangenaam verras. Pionier se skyfskietspan kan spog met drie top skuts: Wileze Scheepers (1ste in die o.21-Sporterklas), Niquita Steyn (1ste in die o16-Sporterklas) en Nash Olivier (1ste in die o.14-Veerklas).

Ons is baie trots op die 13 junior skuts. Die meeste kon slegs drie keer oefen en het braaf hul eerste ligakompetisie aangedurf.

Volledige uitslae:

o.21-sporter

1. Wileze Scheepers; 3. Carmen Stuart.

0.16-Veer

3. Lizaan Jansen; 4. Frans Saaijman; 12. Matthew Bothma

0.16-Sporter

1. Niquita Steyn; 4. Mia Myburgh; 8. Lesaydi de Wet; 11. Juan Cilliers

o.14-Veer

1. Nash Olivier; 2. André Barnard (vanaf LMS); 4. Zani Myburgh (vanaf Michaelis); 5. Maarten Grobbelaar; 6. Xander van Rooyen; 7. Annelé de Beer; 8. Shane Williams; 9. Isabel Willemse; 10. Emily Timms; 11. Suzaan Reynecke; 13. Retief Nel.

3. Pionier se tennis het hierdie jaar vinnig met NKZN o.15-proewe afgeskop. Twee Pioniers, nl. Kian Davel en Reinhard Meyer het deur middel van uitkloprondtes hul plekke in die top 4 vir die KZN-span losgespeel. Die o.19-proewe het reeds verlede jaar plaasgevind. Anje Erasmus en Hugo Joubert is vir hierdie KZN-span gekies. Hugo is nie-reisende reserwe. Anje Erasmus, Kian Hatting en Reinhard Meyer neem op 1-3 Maart weer aan die Natal-proewe deel.

Pionier is ook baie trots op mnr. Van Eyssen wat as spanbestuurder gekies is.

4. Ons atletiekspan het Saterdag, 3 Februarie, aan Piet Retief se vriendskaplike atletiekbyeenkoms deelgeneem.

Al ons atlete het hul uitstekend van hul taak gekwyt en Pionier bring ‘n total van 65 medaljes terug huis toe, onderskeidelik 12 goud, 25 silwer en 28 brons.

Ses van ons tien aflosspanne het tot ons totale medaljes vir die byeenkoms bygedra. Vier van ons aflosspanne het in hulle onderskeie ouderdomsgroepe silwer medaljes verwerf en twee spanne het brons medaljes verwerf.

5. Die jaarlikse interhuis-swemgala het op 30 Januarie plaasgevind. Die resultate hierdie jaar is uitstekend! Ons swemmers het deurlopend hard gewerk en prestasies van hoë gehalte behaal.

Die volgende rekords is tydens die gala verbeter:

Asley Loch: 100m rugslag, 50m rugslag en 50m vlinderslag.

Marnus Pretorius: 50m vlinderslag.

Minjonet se o.16-dogters wisselslag aflosspan.

Minjonet se o.16 x 50m-vryslagaflos.

Ons sê baie geluk aan ons senior- Victor en Victrix Ludorum, William Laing en Ashley Loch, asook ons junior- Victor en Victrix Ludorum Marnus Pretorius en Leandri Grobler.

Pionier sien met groot verwagtinge uit na wat hierdie jaar se sportsoorte gaan oplewer. Sterkte aan elke atleet, skut, swemmer en tennisspeler.

ALSO READ: Pionier is borsbarstrots op die Gr 12’s van 2023

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

Related Articles

Back to top button