Pionier-skyfskiet spog met skitter uitslae
Gewapen met hul afrigters, ouers, grootouers en ‘n veergeweer of sportergeweer was die skuts reg om hierdie stryd aan te durf
Na die liga 1-skyfskietkompetisie het Pionier se skuts ‘n maand lank drie keer per week met puik skietuitslae as doelwit skouer aan die wiel gesit en hulle het nie teleurgestel nie. Op 24 Februarie het die skuts aan die liga 2-skyfskietkompetisie by Hoërskool Ferrum in Newcastle deelgeneem. Gewapen met hul afrigters, ouers, grootouers en ‘n veergeweer of sportergeweer was die skuts reg om hierdie stryd aan te durf.
Tydens die opening het die volgende skuts hul medaljes vir liga 1 ontvang:
· Wileze Scheepers: goud vir o.21-Sporterklas en word deel van die gesogte KZN-Klub 500. Uitstekend, Wileze.
· Carmen Stuart: Brons vir o.21-Sporterklas.
· Niquita Steyn: Goud vir o.16-Sporterklas.
· Lizaan Jansen: Brons vir o.16-Veerklas.
· Nash Olivier: Goud vir o.14-Veerklas.
· André Barnard (LMS): Silwer vir o.14-Veerklas.
Die volgende skuts het medaljes vir verbetering van hul 2023-punte ontvang: Carmen Stuart, Frans Saaijman, Nash Olivier, Niquita Steyn en Wileze Scheepers. Ons is baie trots op die volgende skuts wat reeds by liga 1 hul minimum vereiste tellings om onvoorwaardelik vir die Mpumalanga/KZN-Ope kompetisie te kwalifiseer: Wileze Scheepers, Niquita Steyn en Nash Olivier.
Die Top 5-uitslae in elke afdeling tydens die liga 2-kompetisie: (Die medaljes sal by ‘n volgende ligakompetisie oorhandig word.)
o.21-Sporterklas:
· Eerste: Wileze Scheepers;
· Derde: Carmen Stuart.
o.16-Veerklas:
· Eerste: Lizaan Jansen;
· Derde: Frans Saaijman.
o.16-Sporterklas:
· Eerste: Niquita Steyn;
· Vyfde: Mia Myburgh.
o.14-Veerklas:
· Eerste: Nash Olivier;
· Tweede: MJ Grobbelaar;
· Derde: Retief Nel;
· Vyfde: Isabel Willemse.
ALSO READ: Liefde wen altyd by Pionier
The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.



