Dis plig en plesier by Pionier
Die skooldag het vir die gr.9’s-12’s met handboeke en werkboeke begin, maar die volgende dag se jaarlikse landloop
Hoërskool Pionier het borsbarstrots met die gr.12’s van 2024 gespog. Die gr.12’s het ‘n 100%-slaagsyfer behaal, 91% het toelating tot graadstudie, die graadgemiddelde is 63%, daar is 62 onderskeidings, 19 leerders het ‘n gemiddelde bo 70%, daar is 11 vakke met ‘n gemiddelde bo 60% en drie vakke het ‘n gemiddelde bo 70%.
Die dux-leerder is Rudi van Rooyen en die kollig sal in volgende week se koerantberig op Rudi geplaas word.
Die groot groep gr.8’s het hul hoërskoolloopbaan by Pionier met ‘n “Amazing Race” begin. Die vrees vir die nuwe uitdaging het gou verdwyn en die gr.8’s het die pretaktiwiteit geniet.
Die skooldag het vir die gr.9’s-12’s met handboeke en werkboeke begin, maar die volgende dag se jaarlikse landloop, op ‘n nuwe landlooproete, het weer gewys dat Pioniers kan saamstaan en hierdie uitdaging saam geniet. Die Donderdagmiddag het die waatlemoene, soos gewoonlik, vir vuil leerders en baie pret gesorg. Pioniers is mos taai! Donderdagaand was dit weer die leerders se gunsteling aktiwiteit: sokkie. Met Pionier se unieke langarmsokkiestyl het die leerders die musiek en dans geniet. Selfs die gr.8’s het geleer om die beroemde Pionier-sokkiestyl te dans.
Die gr.8’s het ‘n naweekkamp geniet. Mej. Gerber, mnr. Paul en die prefekte het vir baie leersame aktiwiteite en pret gesorg. Die splinternuwe koshuisbrakkies is Sondagoggend hartlik deur die NG Vryheid Suid-Oos Kerk verwelkom.
Graag verwelkom Pionier ook 6 nuwe personeellede by die skool: A. Booyens, E. Chowles, D. Fourie, J. Fourie, J. Greyling, N. Slabbert, D. Younie (sporthoof en koshuisvader) en die twee studente: S. Marcus en S. Maritz. Ons glo hulle is reeds ingeburger en deel van die Pionier-familie.
ALSO READ: Pioniers-vir-Christus-kamp weer ‘n sukses
The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.



