SchoolsVryheid Herald

Pionier leerders skitter in musiek, rugby en krieket

Pionier leerders blink uit in musiek, rugby en dogterskrieket met sterk prestasies.

Op 28 Augustus het Pionier se ATKV-jeugtak, Hupstoot, ‘n unieke en klankryke Noot-vir-Noot-kompetisie aangebied.

Pionier se eie musiekfabriek, onder leiding van maestro Dean Younie, het die juniors, seniors en onderwysers se musiekkennis met vrae oor die sangers, uitstaande musieklirieke en vyf-in-‘n-ry-liedjies van verskillende musiektye en -genres getoets.

Die juniorwenners was Anike van Niekerk en Miané Harris. Hulle het ook die hoofprys van ‘n langnaweek na ATKV Natalia-vakansieoord gewen. Die seniors se wenners was Ju-André Vlok en Corné van der Walt. Saam met die onderwysers het Zelma Böhmer en Zanné Smit deelgeneem en die prys voor die neuse van die onderwysers weggeraap.

Hiermee wil ons die ATKV vir die fantastiese pryse bedank. Nog nooit vantevore het ons sulke wonderlike pryse vir die wenners gekry nie. ATKV en Afrikaans BO!

7’S -RUGBY

Op Vrydag, 29 Augustus, het Pionier se o.15’s teen DHS se o.15-7’s by DHS te Durban gespeel.

In die Pool-wedstryde het Pionier 29-0 teen Northwood en 33-19 teen Westville 2 gewen. In die kwarteindstryd het Pionier teen ‘n sterk Maritzburgh College 12-33 verloor. In die plaatfinaal het Pionier 19-29 teen DHS 2 verloor. Pionier is baie trots op die o.15-span, wat meer as hul beste teen sterk spanne gegee het en tot die einde geveg het om steeds as gedugte teenstaanders gesien te word.

DOGTERSKRIEKET

Pionier se eerste dogterskrieketspan het Donderdag, 28 Augustus, teen Hoërskool Ferrum ‘n krieketwedstryd gespeel.

Pionier het in hul tuiswedstryd ’n puik oorwinning van vyf paaltjies teen Hoërskool Ferrum behaal.

Ferrum het 105/8 in 20 beurte aangeteken – met uitstekende boulwerk deur Karli Hatting (drie paaltjies), Leané Janse van Rensburg (twee paaltjies) en Xiah Labuchagne (een paaltjie).

Pionier het die teiken gemaklik op 106/5 in 16.4 beurte bereik. Sterk bydraes met die kolf het gekom van Leandri Grobler (22), Mekayla Jordan (22 nie uit nie) en Xiah Labuschagne (15).

Baie geluk, dogters – ons is trots op julle!

ALSO READ: Pionier bekroon as top skyfskietskool in KwaZulu-Natal

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Carlien Grobler

A community-based journalist at Vryheid Herald since 2019, reporting on everything from hard news to human interest stories and sports, keeping the community informed

Related Articles

Back to top button