SchoolsVryheid Herald

Pionier bekroon as top skyfskietskool in KwaZulu-Natal

Pionier-skuts behaal medaljes en 12 KZN-spanplekke tydens kampioenskap in Durban.

SKYFSKIET

Op 22-23 Augustus het Pionier se skuts aan die KZN-Interskole-skyfskietkompetisie te Glenwood in Durban deelgeneem.

Tydens die opening en prysuitdeling is liga 5 se medaljes aan die betrokke skuts oorhandig.

Hiermee die uitslae:

Persoonlike beste punte by liga 5 verbeter: Markus Erasmus, Diané Barnard en Zane le Grange.

Top 3-posisies:

o.21-Sporterklas: Goud: Wileze Scheepers; Silwer: Niquita Steyn; Brons: Lesaydi de Wet.
o.16-Sporterklas: Brons: Nash Olivier.
o.16-Veerklas: Goud: Frans Saaijman; Silwer: Maarten Grobbelaar.
o.14-Sporterklas: Silwer: Markus Erasmus; Brons: Zane le Grange.
o.14-Veerklas: Brons: Diané Barnard.

Op 23 Augustus is die ouers, afrigters en skuts by ‘n glansryke dinee onthaal.

Hoërskool Pionier het weer die Angel-skild as Top Skyfskietskool in KZN verwerf. Die volgende uitslae spreek vanself.

Die volgende skuts het medaljes en trofeë ontvang:

· o.14-Veerklas: 3P. Silwer medalje. Diané Barnard.
· o.14-Sporterklas: Brons medalje. Daniël Herbst.
· o.14-Sporterklas: Silwer medalje. Markus Erasmus.
· o.16-Veerklas: Silwer medalje. Maarten Grobbelaar.
· o.16-Veerklas: Goue medalje en trofee. Frans Saaijman.
· o.16-Sporterklas: Brons medalje. Nash Olivier.
· o.21-Sporterklas: Brons medalje. Lesaydi de Wet.
· o.21-Sporterklas: Silwer medalje. Wileze Scheepers.
· o.21-Sporterklas: Goue medalje en trofee. Niquita Steyn.

· Top Veerklas algeheel:

Brons medalje: Maarten Grobbelaar.
Goue medalje en trofee: Frans Saaijman.

· Top Sporterklas algeheel:

Silwer medalje; Wileze Scheepers.
Goue medalje en trofee; Niquita Steyn.

· O.14-Sporterspan: Goue medaljes en trofee: Zane le Grange, Daniël Herbst en Markus Erasmus.
· O.16-Veerklasspan: Goue medaljes en trofee: Frans Saaijman, Maarten Grobbelaar en Philipp Eybers.
· O.16-Sporterspan: Goue medaljes en trofee: Nash Olivier, Zandré Richards en Juan Cilliers.
· O.21-Sporterspan: Goue medaljes en trofee; Niquita Steyn, Wileze Scheepers en Lesaydi de Wet.

· Pionier se Veerklasskuts ontvang silwer medaljes in die Top Veerklasskool-afdeling.

· Pionier is aangewys as die Top Sporterklasskool en ontvang goue medaljes en die trofee.

Die hoogtepunt van die aand was die aankondiging van die KZN-spa, wat in die Oktober-vakansie aan die SA-kompetisie by Castle de Wildt gaan deelneem. Pionier spog met 12 skuts wat vir die KZN-span gekies is:

1. Wileze Scheepers.
2. Lesaydi de Wet.
3. Lizaan Jansen.
4. Mia Myburgh.
5. Nash Olivier.
6. Frans Saaijman.
7. Maarten Grobbelaar.
8. Zandré Richards.
9. Philipp Eybers.
10. Markus Erasmus.
11. Miané Kriel.
12. Diané Barnard.

Spesiale vermelding: Niquita Steyn is aangewys as die Top KZN-skut en het weer ‘n halfkaart geskiet, maar is egter nie hierdie jaar beskikbaar om aan die SA-kompetisie deel te neem nie. Niquita het egter reeds haar SA-kleure by die Top 80-kompetisie vroeër vanjaar verwerf.

Pionier is baie trots op elke skut wat aan die KZN-kompetisie deelgeneem het.

DOGTERSKRIEKET

Pionier se eerste dogterskrieketspan het op Donderdag, 21 Augustus, in Newcastle teen HoërskoolNewcastle gespeel en die wedstryd oortuigend met sewe paaltjies gewen.

SEUNSKRIEKET

Op Woensdag, 20 Augustus, het Pionier se eerste krieketspan teen Sarel Cilliers op Sarel Cilliers se veld teen mekaar gespeel. Pionier het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Hulle behaal 140 vir ses in die toegelate 20 beurte. Daarna het Sarel Cilliers gekolf en 115 vir agt in hulle beurt behaal. Pionier wen die wedstryd met 25 lopies. Die beste kolwer was Janko Hatting, wat 37 lopies van 32 balle aangeteken het en die beste bouler was Joshua Buijs, wat twee paaltjies vir slegs 13 lopies geneem het.

Op Woensdag, 20 Augustus, het Pionier se o.15-krieketspan teen Sarel Colliers te Pionier gespeel. Pionier het eerste gekolf en 196 lopies vir die verlies van ses paaltjies in die toegelate 20 beurte behaal. Baie geluk aan die volgende kolwers: Thinus Lindeque met 50 lopies en Leon le Roux met 45 lopies.

Sarel Cilliers het tweede gekolf en is tot 148 lopies vir sewe paaltjies na 20 beurte beperk. Die beste boulers was Leon le Roux, wat een paaltjie vir slegs agt lopies geneem het.

Baie geluk aan Pionier wat die wedstryd met 48 lopies wen.

TENNIS

Pionier het Saterdag, 24 Augustus, tennis teen St. Dominics en Sarel Cilliers te St. Dominics gespeel.

In ons enkelswedstryde was die tellings as volg:

· Reinhard Meyer: 6-4 (St. Dominics), 6-2 (Sarel Cilliers);
· FC Chamberlain: 3-6 (St. Dominics), 6-0 (Sarel Cilliers);
· Tristan Basson: 1-6 (St. Dominics), 6-0 (Sarel Cilliers);
· Tian Steenberg: 1-6 (St. Dominics), 6-2 (Sarel Cilliers)
· André Barnard: 1-6 (St. Dominics), 6-3 (Sarel Cilliers)

In die dubbelswedstryde was die tellings as volg:

· Clarissa Viviers en André Barnard:3-6 (Sarel Cilliers), 2-6 (St. Dominics)
· Reinhard Meyer en FC Chamberlain: 2-6 (Sarel Cilliers), 1-6 (St. Dominics)
· Tian Steenberg en Tristan Basson: 3-6 (Sarel Cilliers), 1-6 (St. Dominics)

ALSO READ: Pionier sportnaweek vol oorwinnings, hoogtepunte en spangees

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Carlien Grobler

A community-based journalist at Vryheid Herald since 2019, reporting on everything from hard news to human interest stories and sports, keeping the community informed

Related Articles

Back to top button