Hoërskool Volksrust verwelkom drie inspirerende nuwe onderwysers
Ontmoet die nuwe onderwysers wat passie en kennis by Hoërskool Volksrust gaan bring in 2026.
Hoërskool Volksrust is trots om drie nuwe onderwysers by ons personeel te verwelkom.
Maryne Nel
Ons heet graag me. Maryne Nel welkom. Sy is 28 jaar oud, het in Volksrust grootgeword en is self ’n oudleerder van Hoërskool Volksrust.
Ná skool het sy by UNISA gestudeer en haar onderwysgraad voltooi. Me. Nel gaan Digitale Tegnologie en Rekenaartoepassingstegnologie (CAT) aanbied.
In haar vrye tyd lees sy graag, kyk haar gunstelingreeks en geniet kwaliteittyd saam met haar familie.
Haar grootste bederf? ’n Handvol speckled eggs. Sy glo vas dat onderwys nie net oor kennis oordra gaan nie, maar oor die inspirasie, leiding en ondersteuning van jongmense op hul lewenspad.
“Ons sien uit na die waarde wat sy tot ons skool en leerders gaan toevoeg.”

Edward Human
Ons is ook opgewonde om mnr. Human by ons skool te verwelkom. Hy gaan Engels aanbied en bring ’n ryk ervaring en passie vir onderwys saam.
Mnr. Human het sy hele lewe in Polokwane grootgeword en sy onderwysloopbaan begin by Laerskool Pietersburg Oos. Daarna het hy by PHS gematrikuleer en as Direkteur van Hokkie by Ben Vorster gewerk.
In Tzaneen het hy sy vrou ontmoet, en saam het hulle hul dogter, Rhodé El-Emet Human, gebore. Vanaf 2026 begin hulle ’n nuwe hoofstuk saam in Volksrust.
Hy is ’n entoesiastiese sportliefhebber en spandeer sy naweke met sokker, hokkie, rugby en krieket. Hy geniet ook die natuur, veral wildtuine, en is lief vir Afrikaanse musiek. Na God en sy familie is kosmaak, sport kyk en die natuur sy grootste passies.
“Ons sien uit daarna om sy energie, kennis en passie vir Engels by ons leerders te hê.”

Inecke Human
Ten slotte verwelkom ons me. Inecke Human, wat Wiskunde gaan aanbied en haar passie vir onderwys en leierskap saambring. Me. Human is gebore in Phalaborwa, maar het van toe sy vyf jaar oud was saam met haar gesin na Krugersdorp getrek.
Sy het haar skoolloopbaan by Hoërskool Monument voltooi. Aanvanklik het sy Regte by Potchefstroom gestudeer, maar vinnig besef haar roeping lê in onderwys.
Die liefde van haar ouers vir skoolhou het haar lewe lank by haar gebly en haar keuse in onderwys gevorm. In 2019 het haar gesin na Tzaneen getrek, waar sy haar eerste ondervinding as onderwyseres opgedoen het.
Tzaneen hou ’n spesiale plek in haar hart, want dit is waar sy haar man, Eddie, ontmoet het en ’n ma geword het. Hul dogtertjie, Rhodé, is nou 9 maande oud.
“Ons sien uit daarna om haar kennis, passie en energie vir Wiskunde by ons leerders te hê.”

The news provided to you in this link has been investigated and compiled by the editorial staff of the Newcastle Advertiser, a sold newspaper distributed in the Newcastle area. Please follow us on Youtube and feel free to like, comment, and subscribe. For more local news, visit our webpage, follow us on Facebook and Twitter, and follow us on our WhatsApp Channel



