LifestyleNewcastle Advertiser

Vroue vier wêreldtema tydens groepdag in Newcastle

Strelitzia Vroue-instituut hou groepdag in Newcastle met wêreldtema, tekstieluitstallings en internasionale kos.

Strelitzia Vroue-Instituut hou jaarlikse groepdag in Newcastle

Uitstallings, blomme en naaldwerk van 80 verskillende lande het die dames van Newcastle en Vryheid op Donderdag, 9 April, by die Gereformeerde Kerk in Arborpark vermaak.

Die Strelitzia Vroue-instituut van Newcastle het hul jaarlikse groepdag aangebied en as gasheer vir die Scheepersnek-tak van Vryheid opgetree.

Vroue van die wêreld

Met ‘Vroue van die wêreld‘ as vanjaar se tema, het Elaine Barnard (‘n oudonderwyseres van Newcastle) haar kuns en tegnieke oor tekstiele kom deel.

Vroue wys kleurvolle lappieskombers tydens gemeenskapsbyeenkoms
Elaine Barnard met ‘n voorbeeld van een van die tekstiel-stukke van haar oorsese besoeke.

Lede het aandagtig na haar oorsese ervarings geluister.

Sy het reeds ongeveer 80 lande besoek en van die mooiste handnaaldwerk-items ten toon gestel.

Haar uitstalling het ‘n verstommende verskeidenheid tegnieke en verskillende kunsstylrigtings uitgebeeld.

“Ek glo ons almal se vingers het ná die tyd gejuk om iets soortgelyks aan te pak,” het Ieda Grobler, ‘n lid van die Strelitzia’s, gesê.

Om by te dra tot die unieke atmosfeer van die tema, is gaste bederf met ‘n heerlike Midde-Oosterse ontbyt.

Vir middagete is geurige biryani saam met ‘n smaaklike byslaai bedien.

Die kulinêre ervaring is afgerond met appelstrudel (appeltert) en vla.

Opregte dank is uitgespreek aan almal wat tot die sukses van die geleentheid bygedra het, van deelnemers tot beoordelaars.



The news provided to you in this link has been investigated and compiled by the editorial staff of the Newcastle Advertiser, a sold newspaper distributed in the Newcastle area. Please follow us on Youtube and feel free to like, comment, and subscribe. For more local news, visit our webpage, follow us on Facebook and Twitter, and follow us on our WhatsApp Channel

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Inligting voorsien

Hierdie inligting is ingedien deur Ieda Grobler

Related Articles

Back to top button