LettersOpinion
Die skoonste dorp?
Mevrou – Ek sal graag wil weet hoe ons dorp ooit weer die skoonste dorp sal wees. As die beoordelaars nou moet kom kyk, sal ons beslis die beker wen vir die morsigste dorp in die land. Na die stakings dink ek nie ons verdien die toekenning nie, want dit sal net skoon wees die …

Mevrou – Ek sal graag wil weet hoe ons dorp ooit weer die skoonste dorp sal wees.
As die beoordelaars nou moet kom kyk, sal ons beslis die beker wen vir die morsigste dorp in die land.
Na die stakings dink ek nie ons verdien die toekenning nie, want dit sal net skoon wees die dag wat die beoordelaars hier sal wees. Dit sal verseker harde werk kos om dit reg te kry!
Die woonbuurtes is net so bestrooi van vullis. By die Ferrex-posbusse lyk dit net so erg van al die papiere wat die hele veld vol lê.
Ek wil net sê, voorspoed vir die groot skoonmaak wat voorlê!
Anti-Morsjors
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



