LettersOpinion

Wat het geword van goeie standaarde in Suid-Afrika?

Mevrou – My man het ‘n voltydse posbestellingsbesigheidjie. Hy versend daagliks ‘n paar pakkies deur middel van die poskantoor. Helaas, daar was ‘n voorval dat hy gesien het dat daar ‘n boek op die skaal se punt gelê het en die pakkie wat hy sou wegstuur sou dus meer weeg. Hy vra die dame wat …

Mevrou – My man het ‘n voltydse posbestellingsbesigheidjie.

Hy versend daagliks ‘n paar pakkies deur middel van die poskantoor. Helaas, daar was ‘n voorval dat hy gesien het dat daar ‘n boek op die skaal se punt gelê het en die pakkie wat hy sou wegstuur sou dus meer weeg.

Hy vra die dame wat hom help met die wegstuur van die pakkie om die boek asseblief eers te verwyder voordat sy die pakkie weeg. So-iets kan gebeur onder druk en kan gebeur met enige persoon. Sy dit geweeg en hy was tevrede met die pakkie se gewig.

Hy vra toe aan haar wanneer die poskantoor die skale gekalibreer word. Sy het nie geweet waarvan hy praat nie en het hy haar verduidelik wat hy bedoel. Dat die skaal ingestel moes word deur presies dieselfde gewiggie as wat die vorige dag gebruik was.

Hy het voorts gesê dat volgens die Buro van Suid-Afrikaanse Standaarde (SABS), ‘n skaal elke dag gekalibreer moes word. Hy het gevra of hulle ‘n boek het waarin hulle dit kan aanteken hoe en watter tyd en deur wie dit gedoen was. Hulle het nie van so ‘n boek geweet nie.

My punt hier is, wat het geword van goeie standaarde in Suid-Afrika? Word werke maar gedoen soos dit elkeen pas? Wat het geword van ‘n ‘n goeie opleiding deur ‘n senior personeellid?

Ek glo ons moet ons sokkies begin optrek, ophou staak, en doen. Doen ‘n werk wat jy wil doen. As jy nie so ‘n pos kan kry nie, begin dan jou eie besigheid. Of dit nou by jou tuiste is, of ‘n perseel weg van jou tuiste af, ten minste sal jy weet hoe dit gedoen behoort te word!

En moenie sê dit was gedoen in die “ou” dae nie! Goeie standaarde verbeter, dit versleg nie! Ek moet ‘n veertjie in Newcastle se inwoners se hoed sit; elke dag kry ons dorp net nog entrepeneurs by, welgedaan Newcastle!

Gaatzi Goobi

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button