Alkohol en dwelms lei tot die dood
Mejuffrou – Die opvolg van ons CAD se oorlog teenoor dwelms: Hi daar tiener en al wat ‘n kind is! Die CAD het mos oorlog verklaar teen al wat ‘n afhanklikheidsmiddel (substance abuse) is. Nou wil ek wat ook aan die CAD behoort, vir elke tiener sê: “Die keuse is joune! Moenie eendag by die …

Mejuffrou – Die opvolg van ons CAD se oorlog teenoor dwelms:
Hi daar tiener en al wat ‘n kind is! Die CAD het mos oorlog verklaar teen al wat ‘n afhanklikheidsmiddel (substance abuse) is.
Nou wil ek wat ook aan die CAD behoort, vir elke tiener sê: “Die keuse is joune! Moenie eendag by die CAD sit en ieder en elk die skuld wil gee oor jy die verkeerde afdraaipad gekies het nie! Moet ook nie sê jou maat het jou aangemoedig nie. Nee!! Die keuse wat jy maak staan vierkantig agter jou en kan dalk jou lewe op ‘n aaklige manier verwoes!!
Alkohol en dwelms lei tot die dood; ‘n aaklige dood.
Tieners, ek is sekerlik een van die mees geseënde mense op aarde. Ek het nie gerook, my pa se alkohol gesteel en gedrink toe ek nog op skool was nie. Inteendeel, afhanklikheid van middels soos alkohol en dwelms is ‘n siekte. Dit is in die gene wat jy kon oorgeërf het van jou ouers en voorouers.
Kies jou eie vriende met oorleg. Daardie vriende wat nie druk op jou toepas nie, en wat jou nie onwelkom laat voel as jy nie sy slegte gewoontes wil aanleer nie. Hulle wil net die skuld op jou pak wanneer hy/sy uitgevang word.
Ek sê groete aan julle en ek voel goed en lus vir die lewe. Ek voel my liggaam is skoon en gereinig van alle gifstowwe.
Ghaaitzi Goobi



