Mevrou – Die tyd vlieg so vinnig verby.
Tog is daar families wat ‘n stadige pas van die tyd oor die feestyd aan hul lyf voel. Dit is families waarvan die vader of moeder werkloos is en kinders het om te versorg.
Read: Racism-accused Vicki Momberg expected in court today
Met hierdie skrywe wil ek graag instansies soos skole, kerke en families wat wel diegene raaksien wat kos en klere en ‘n woonplek nodig gehad het. Families wat nie geweet het wat die volgende dag vir hul sou inhou nie, maar wat wel geglo het dat ons Hemelse Vader in die Hemel sou sorg vir die dag van more. Dit is wonderlik om te kon sien hoe ‘n sekere familie versorg was deur barmhartiges wat bewus was van hulle omstandighede. Al het die vader werk gehad, het hy nog nie lank gewerk om vir alles te voorsien nie.
Nie alleen het hul genoeg gehad om te eet nie, hulle het ‘n woonplek om in te bly. Die kinders het elkeen kersgeskenke gekry uit alle oorde. ‘n Goeie vriend van êrens af het hul omstandighede waargeneem en het hulle te hulp gesnel deur ook ‘n bydrae te lewer in die vorm van kos en ander benodigdhede. Selfs die skool waarin die kinders was, het ‘n bydrae gelewer!
Dit is wonderlik en kan ek net dankie sê aan ons Hemelse Vader wat mense bewus gemaak het van families in hierdie tyd. Mense se bydrae aan wie wie ookal tekort gekom het oor Kerstyd en oor die nuwe jaar. Ook hulle wat weet dat nie net feestyd hulp en bystand nodig is nie, maar die hele jaar.
Ek wens ieder en elk ‘n voorspoedige 2017 toe asook Newcastle Advertiser wat die plaaslike nuus getrou vir elke tuiste eerstehands gebring het elke week.
Gaaitzi Goobi
Also read: All pupils to be placed by weekend, says education dept



