LettersOpinion

Wat het van goeie maniere en hoflikheid geword?

Die lelikste is wanneer werkers oopmond gaap!

Mevrou – Dit is nou al ‘n geruime tyd dat ek opmerk dat daar in Newcastle, en sekerlik ook elders, aaklige maniere aangekweek is.

Toe ek ‘n kind was, het my ouers, my onderwysers en al wat ‘n grootmens is, kinders maniere en hoflikheid geleer. Ons was vinnig oor die vingers getik as jy met jou aaklige, slegte en onbeskofte selfaangeleerde maniere openbaar het.

Jy was geleer om op te staan en jou stoel af te staan aan ‘n dame of bejaarde in enige openbare plek. Jy was geleer dat jy nie staan of sit en gaap in geselskap nie. Ook mog jy nie sommer voor iemand ingedruk het waar jy in ‘n ry staan om gehelp te word soos byvoorbeeld in banke nie.

Dit is die siekte en aaklige aangeleerde maniere wat ek wil aanspreek vandag. ‘n Mens word sommer rooi onder die kraag terwyl ‘n mens vir diens wag by supermarkte sodat die kassiere en die pakker eers klaar kan ginnegaap.

Nou kwetter hul soos spreeus in die broeityd!

Die lelikste is wanneer werkers oopmond gaap! Gaan kyk maar in banke hoe word die ry sommer skielik langer voor jou, terwyl jy amper eerste daar was!

Jy wat te alle hoflikheid aan die dag lê moet eenvoudig verlief neem met al hierdie nonsens! Bejaardes staan tot hul enkels dik geswel is sodat die jongetjies heerlik hul sit gesit kry!

Wat het van goeie maniere en hoflikheid geword?

Ek wil net baie dankie sê vir diegene wat dit raaksien en dit onder die aandag bring van die bestuurder of persoon in beheer.

Gaaitzi Goobi

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button