LettersOpinion

Voedselsekuriteit/Grondonteiening – Grondhervorming is tans nie in Suid-Afrika ingestel om voedselsekerheid te waarborg nie

Waarom is ons bekommerd oor voedselsekerheid na die besluit dat grond onteien moet word sonder vergoeding?

Meneer
Die benutting van grond in die RSA is gemik op ‘n ekonomiese uitkoms, m.a.w. voedselsekerheid.
Grondbenutting in die RSA staan nie in isolasie nie, moet in ‘n Afrika konteks gesien word. Dit is internasionaal bekend dat Afrika in werklikheid die kosmandjie van die wêreld kan wees.
Die kundigheid en vaardighede ontbreek in die res van Afrika om werklik kommersiële boere te wees.
Afrika kan nie onder die illusie verkeer dat daar surplus voedsel in die res van die wêreld is wat na Afrika toe uitgevoer kan word nie. Afrika moet homself voed.
Grondhervorming is tans nie in Suid-Afrika ingestel om voedselsekerheid te waarborg nie.
Waarom is ons bekommerd oor voedselsekerheid na die besluit dat grond onteien moet word sonder vergoeding?
• Voedsel verbruik in Afrika neem met 2-3% jaarliks toe. Dit word bereken dat die syfer oor 30 jaar gaan verdubbel.
• As bv. na beeste, die koei kudde, in Afrika gekyk word: kalf slegs 4 uit 10 koeie per jaar, 1 kalf vrek, net 3 oorleef in ‘n kalfseisoen. In Europa en VSA work op ‘n kalfpersentasie van 90% gewerk.

 

Die mense wat so maklik na die Zimbabwe of Mugabe model verwys waar die eiendomme van die blankes onteien is sonder vergoeding het die volgende gebeur. 

• Statistiek SA se 2013 verslag lui dat 55% van mense in die RSA beleef ernstige armoede waarvan 24.4% in KZN in. Dit is ook die provinsie waar die hoogste persentasie landbou grond is en reeds meer as 60% in swart besit. Kyk verslag van Johan Bornman oor grondbesit RSA wat 2 November bekend gemaak is. Meer grond gaan nie swart boere meer laat produseer nie, soos dit tans is.
• Ongeveer 53% van die RSA se veekudde behoort aan opkomende boere maar hulle dra slegs bv. 10% by van vee wat in die RSA verhandel word, op die kommersieële mark.
• Volgens landboubronne het voedselproduksie suid van die Sahara met 3% per jaar afgeneem. Dit word toegeskryf aan die onderbenutting van landboupotensiaal en vaardighede m.a.w. hoe om suksesvol te boer.
• In die RSA het reeds 66% van die bevolking verstedelik. Die mense moet eet en gaan voedsel verbruikers wees eerder as voedselproduseerder.
Die mense wat so maklik na die Zimbabwe of Mugabe model verwys waar die eiendomme van die blankes onteien is sonder vergoeding het die volgende gebeur.
• Die meeste van die beleggers het hulle geld uit die land onttrek en slegs die skuld agtergelaat.
• Indien jy jou geld by jou bank se OTM wou trek, moes jy 2-3 dae kampeer in ‘n ry voor die OTM. Daar was slegs vir 2 tot 3 ure per dag geld beskikbaar gewees, met ‘n verdere beperking van $160 per persoon per dag.
• Zimbabwe was ‘n uitvoerder van landbouprodukte. Nou net hulle skaars kos om te eet. Daar is bykans geen kos op die winkelrakke nie.
• 95% van die Zimbabwe se bevolking is werkloos.
• Die aksies van Zimbabwe was nie slegs teen plase gerig nie, maar teen alle blanke grond en besigheidseienaars.
Gevolgtrekking: Indien in berekening gebring word met elke stuk beskikbare grond optimaal benut word om ‘n groeiende bevolking van kos te voorsien. Verder is daar ‘n reuse agterstand met die opleiding van landbouers en die oordra van vaardighede.
Dit vereis dat daar ‘n aanpassing moet kom in die regering se grondhervormingsprogram wat nie op voedselsekerheid gemik is nie. Die regering se grondhervorming is nie daarop gemik om meer voedsel te produseer nie maar om eerder beheer van landbougrond te verkry vir politieke en ideologiese doeleindes. Indien die Regering se onteining plan in werking tree, voorsien ons ernstige probleme vir die land se ekonomie en voedselsekerheid.
Herman de Wet
Voorsitter Umzinyathi Boere Unie

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Terry Worley

Terry Worley has been associated with the Courier for many years and is involved in the community covering a variety of issues affecting residents. He has a passion for local politics and for the history of the area.

Related Articles

Back to top button