
Meneer
Die boeregemeenskap het met skok op Vrydag 23 Maart verneem het dat ons lojale polisievriend, AO Jakes Juggan, vermis was.
‘n Menigte boere het vrywillig met ‘n onmiddellike soektog begin, met vliegtuie, hommeltuie, trekkers, voertuie en te voet. Die ontdekking van die liggame was met leedwese en hartseer, en Jakes sal altyd as ‘n rolmodel onthou word.
Hy was altyd paraat vir enige situasie met sy koeëlvaste baadjie geklee. Maak nie saak hoe warm dit was nie. Sy voertuig was altyd skoon en en hy het nooit sy selfoon afgeskakel nie. Jy kon Jakes enige tyd van die dag of nag bel vir hulp, en hy was altyd gewillig om te help, maak nie saak of dit nou binne of buite sy gebied was nie
Ons gaan sy kennis, kundigheid en insette mis, veral tydens die veiligheids-vergaderings.
Hy is die een wat gereeld die vergadering daarop attent gemaak het wat die wet sê, sowel as wat die SAPD se pligte en verantwoordelikhede is.
Jakes was altyd van die eerstes by ‘n toneel en van die laastes wat die toneel verlaat het. Hy het verseker dat al die regte rolspelers verwittig is, en hulle werk afgehandel is, voordat hy die toneel verlaat het. Ek will graag AO Juggan se familie en vriende verseker dat die Boeregemeenskap van Dundee en omgewing saam met julle treur oor julle verlies. Julle kan met trots sê AO Juggan was my Pa of vriend.
Ons gaan hom mis en hy sal vir lank onthou word vir die goeie en voorbeeldinge persoon wat hy was.
Herman de Wet
Voorsitter Umzinyathi Boere Unie



