BlogsOpinionVryheid Herald

Binnelandse Sake en die kuns van emosionele uitputting

’n Ouer, ’n kind, ’n ID-aansoek en ’n queue wat jou siel toets.

Die tyd het aangebreek vir een van daai niggles in die lewe. Jy weet, daai goed wat al maande lank agter in jou kop lê. En jy ignore dit professionally. Olimpiese vlak ignore. Want ja, dit kon al ’n jaar terug gebeur het. Maklik. Maar die lewe gebeur. Skool gebeur. Werk gebeur. Emosionele uitputting gebeur. En voor jy mooi weet, sit jy met ’n lys wat klink soos ’n government escape room: motorvoertuiglisensies, paspoorte, rybewyse… en dan, die finale boss fight: ID’s.

Admin as ’n volkontak sport

Hierdie tipe admin steek my soos ’n renosterhoring in die sy. Dis nie eers ’n skerp pyn nie, dis daai konstante irritasie wat veroorsaak dat jy na die plafon will ê en staar en jou lewenskeuses heroorweeg. Jy weet dis nodig. Jy weet jy kan dit nie vermy nie. Maar jy moet eers geestelik voorberei. Soos ’n atleet voor ’n marathon. Jy pep talk jouself. Jy drink koffie. Jy sê vir jouself: “Dis fine. Ek’s ’n volwasse mens. Ek kan dit doen.”

’n Milestone wat niemand vier nie

En toe vat ek die Feisty Een vir haar ID. Groot oomblik. Regtig groot. Dis mos een van daai milestones wat niemand actually vier nie, maar wat beteken: jou kind is nou officially besig om ’n grootmens te word. Ek dink half ek behoort ’n lint te kry. Of ten minste ’n ‘well done’ vir ouerskap. Ek meen, ek het haar grootgemaak, gevoed, emosioneel ondersteun… nou bring ek haar ook vir haar amptelike staatsdokument. Full service.

Wanneer hoop met realiteit bots

Maar toe… toe gebeur Binnelandse Sake.

En ek weet nie hoekom ek elke keer hoop dit gaan anders wees nie. Regtig. Dis soos om te dink Eskom gaan jou nie vandag drop nie. Jy weet beter, maar jy hoop steeds.

Queues van Bybelse afmetings

Die queues. Ek weet nie eers hoe om dit te beskryf nie. Hulle het nie net lank gestaan nie. Hulle het Bybelse afmetings gehad. Soos Moses deur die Rooisee – daai tipe lank. Jy staan en staan en staan, en intussen gebeur… niks. Geen beweging. Geen verduideliking. Geen plan.

’n Gebrek aan menslikheid

Die personeel? Onbehulpsaam is ’n sagte woord. Dis om iemand vir directions te vra en hulle wys net vaagweg in ’n rigting en sug hard, asof jy hulle persoonlik offend het deur nie reeds alles te weet nie. Jy vra ’n vraag en kry ’n kyk. Daai kyk wat sê: “Hoekom is jy hier?” Jy begin jou woorde meet. Jy praat sagter. So sag dat jy in jou eie bestaan twyfel.

Wanneer jy besef vandag is nie die dag nie

Na ’n rukkie besef ek: hier gaan vandag niks gebeur nie. Nie ’n ID nie. Nie ’n miracle nie. Net emosionele skade.

So ja. Ons moes uitstap.

Nie omdat ons nie wil probeer nie. Maar omdat daar ’n punt kom waar jy besef jou siel is nie sterk genoeg vir hierdie queue én hierdie attitude op dieselfde dag nie. Ek vat my kind, my frustrasie en my laaste bietjie dignity, en ons loop.

Die wete dat jy gaan moet terugkom

En toe, oppad uit, dink ek…ons gaan moet terugkom. Want dis hoe hierdie dinge werk. Jy kan nie escape nie. Jy kan net recover en weer probeer. Maar tussen nou en daai volgende poging, het ek ’n nederige pleit.

Asseblief. Ek vra mooi. Drink die happy pills. Al is dit net ‘n halwe pil. Iets. Want niemand vra dat julle die wêreld red nie. Net ’n bietjie menslikheid. ’n Bietjie hulp. ’n Bietjie “kom ek help jou gou” in plaas van “jy mors my tyd”.

Asemhaal voor die volgende poging

Ons sal teruggaan. Ons sal weer probeer. Met meer koffie. Meer geduld. Minder verwagtinge.

Maar tot dan… ek gaan asemhaal. En dalk nog ’n niggle ignore. Net vir vandag. It is what it is!

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Carlien Grobler

A community-based journalist at Vryheid Herald since 2019, reporting on everything from hard news to human interest stories and sports, keeping the community informed

Related Articles

Back to top button