Local sportSport

Hengel – SA Kampioen vir Vryheid

GEDURENDE die Desember skool vakansie het vyf van Vryheid se juniors aan die Suid Afrikaanse Varswater Oewer Hengel Federasie se junior SA Kampioenskappe deelgeneem waar hulle die Kwazulu Natal Junior O/19 A span in die Premier A afdeling verteenwoordig het. Tydens die drie dae van die kampioenskappe het die span baie goed gedoen en ‘n …

Tertius Joubert.
Tertius Joubert.
GEDURENDE die Desember skool vakansie het vyf van Vryheid se juniors aan die Suid Afrikaanse Varswater Oewer Hengel Federasie se junior SA Kampioenskappe deelgeneem waar hulle die Kwazulu Natal Junior O/19 A span in die Premier A afdeling verteenwoordig het. Tydens die drie dae van die kampioenskappe het die span baie goed gedoen en ‘n derde plek verower, het slegs die tweede plek met een punt gemis. Dit was van die begin af duidelik dat Bloemhofdam mooi sakke vis gaan gee en het Tertius Joubert die swaarste sak en meeste vis vir die drie dae van die kampioenskappe gevang met ‘n totaal van 197 vis vir 206.170 kg . Tertius is ook bekroon as die SA Kampioen met sy drie eerste plekke en ‘n volpunt van 42 punte. Die span het ‘n totaal van 1431 vis vir 1557.986 kg gevang. Agt van die Junior A span is uitgenooi na die nasionale proewe en is dit vir ons ‘n groot eer om vir Neels Mostert geluk te wens met sy verkiesing tot die SAFBAF O/19 A span. Ons wil net ieder en elk bedank vir die donasies en borgskappe wat dit vir die kinders moontlik gemaak het om hulle droom te kon uitleef.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button