Local sportSport

Vryheid Athletics Club – Baie geluk aan Marina

VERLEDE Saterdag het een van ons klublede, Ettienne Smith aan die PWC 3-in-1 Marathon op Nelspruit gaan deelneem. Hy het die marathon in ‘n goeie tyd van 3 ure en 48 minute voltooi. Aangesien dit maar die tweede marathon is waaraan hy deelgeneem het, is dit voorwaar ‘n uitstekende tyd. Baie geluk Ettienne. Baie geluk …

Willem BoshoffVERLEDE Saterdag het een van ons klublede, Ettienne Smith aan die PWC 3-in-1 Marathon op Nelspruit gaan deelneem. Hy het die marathon in ‘n goeie tyd van 3 ure en 48 minute voltooi. Aangesien dit maar die tweede marathon is waaraan hy deelgeneem het, is dit voorwaar ‘n uitstekende tyd. Baie geluk Ettienne. Baie geluk ook aan Marina Smuts wat haar persoonlik beste tyd van 2 ure en 1 minuut vir die half marathon in die Assegaai Halfmarathon op Piet Retief behaal het. Die afgelope drie weke het baie van ons klublede aan verskeie wedlope deelgeneem in Kwazulu-Natal sowel as in Mpumalanga, waar hulle ons klub met onderskeiding verteenwoordig het. Baie goeie prestasies is gelewer wat maar net die resultate is van die harde werk en baie kilometers wat op oefen dae afgelê word. In hierdie opsig wil die klub net vir Dirk Breedt en Hein Potgieter bedank vir hulle aandeel met die goed beplande oefenprogramme en veral motivering van elke drawwer. Die “nuwe” groep beginner-drawwers se getalle groei ook mooi aan en dit is duidelik dat hulle onder leiding van Smuts van der Nest net van krag tot krag gaan. Alle belangstellendes is welkom om by hierdie groep te kom aansluit. Sondag vind die Lake Umizi 42km en 21km wedloop op Secunda plaas. Alle atlete word herinner aan ons klub se Willem Boshoff 3-in-1 wedloop wat op Saterdag, 22 Maart, by Natal Spa plaasvind. Enige ondernemings of verenigings wat graag ‘n watertafel by hierdie wedloop sal wil beman, is welkom om die klub in hierdie verband te kontak om die nodige reëlings te tref. Vanaand vind die weeklikse tydtoets om 5:30nm vanaf ons klubhuis by Hoërskool Pionier se sportterrein plaas. Almal is ook welkom om te kom braai en heerlik sosiaal saam te verkeer na afloop van die tydtoets.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button