Local sportSport

Vryheid Athletics Club – Klublede presteer wedlope

DIE AFGELOPE paar weke het baie van ons klublede aan verskillende wedlope in Kwazulu-Natal sowel as in Mpumalanga deelgeneem en baie goeie prestasies is gelewer. Op Vrydag, 21 Maart het van ons klublede aan die Standerton Goldi 4-in-1 wedloop gaan deelneem. Dit was ‘n goeie dag vir al ons atlete wat aan die wedloop oor …

DIE AFGELOPE paar weke het baie van ons klublede aan verskillende wedlope in Kwazulu-Natal sowel as in Mpumalanga deelgeneem en baie goeie prestasies is gelewer. Op Vrydag, 21 Maart het van ons klublede aan die Standerton Goldi 4-in-1 wedloop gaan deelneem. Dit was ‘n goeie dag vir al ons atlete wat aan die wedloop oor 42,2km deelgeneem het, maar graag wil ons veral die volgende atlete gelukwens met hul prestasies: Michael Richards (3h45m) en Barbara Dicks (4h16m) wat daarin geslaag het om hul persoonlike beste tye oor 42,2km aan te teken asook Herma Breedt wat aan haar eerste wedloop oor 10 km deelgeneem het. Tydens die Willem Boshoff Wedloop het ons klublede uitsonderlik goed gevaar en daarin geslaag om met baie pryse weg te loop. Die volgende klublede het pryse gewen: 42,2 km – Ingrid van Niekerk 1ste vrou ope en dames 35-39 jaar; Casper Louw 1ste man 40-49 jaar; Colette Terblanche 1ste dame 40 – 49 jaar; Paula Smal 2de dame 40 – 49 jaar; Georgie Tasseron 1ste dame 60 jaar en ouer. 21,1 km: Sabelo Simelane 1ste man 50 -59 jaar; Daan Kotze 2de man 50 – 59 jaar; Ronelle Keeve 2de dame 40 – 49 jaar; Marina Smuts 1ste dame 50 – 59 jaar; Cathy de Beer 2de dame 50 -59 jaar; Lorraine van der Nest 1ste dame 60 jaar en ouer. 10 km: Mandla Mnisi 1ste man 50 -59 jaar en Basil Swart 2de man 60 jaar en ouer. 10 km stap: Elmarie Noeth 1ste dame ope afdeling; Cathy Sandalls 1ste dame 40 – 49 jaar. Die afgelope naweek was daar ook ‘n paar pryswenners van ons klub wat aan die Edumbe Mayor’s Race op Paulpietersburg deelgeneem het. Alhoewel dit ‘n moeilike roete was, is goeie tye aangeteken en die volgende klublede verdien vermelding: Marina Smuts wen die prys vir die 1ste dame oor 21,1km en teken ook haar persoonlik beste tyd aan. Smuts van der Nest 2de mans ouer as 60 jaar; en Lorraine van der Nest 1ste dame ouer as 60 jaar. Vanaand, om 5:30nm vind die weeklikse tydtoets plaas vanaf die klubhuis by Hoërskool Pionier se sportterrein waarna, soos gebruiklik, heerlik saam gebraai sal word. Almal is baie welkom. Met die Comrades Marathon wat oor net ‘n bietjie meer as agt weke plaasvind, is al die voornemende deelnemers hard aan die oefen en die spreekwoordelike middernag kers word gebrand. Baie sterkte aan almal wat so hard oefen – mag julle almal gedurende Aprilmaand baie beseringsvrye kilometers aflê. Met die oog op veral hierdie groep atlete, sal daar Saterdag weer ‘n waterkar wees vir die gebruiklike “Club run” vanaf Stegen’s Garage om 5:00vm. Ons harte gaan ook veral in hierdie tyd uit na Marthie Schoeman en Colette Terblanche wat albei familielede aan die dood afgestaan het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button