Noord Natal wen Suid-Afrikaanse Pluimbaltoernooi
DIE JAARLIKSE Suid-Afrikaanse interprovinsiale Silwer Arende Pluimbal Toernooi het vanjaar in Port Elizabeth plaas gevind. Die Oostelike Provinsie Pluimbal Vereniging het hierdie toernooi namens die Suid-Afrikaanse Pluimbal Vereniging aangebied. Die Oostelike Provinsie se pluimbalsaal is onlangs opgegradeer en dit was voorwaar heerlik om daar te gaan speel. 13 spanne van regoor Suid-Afrika het deelgeneem aan …
DIE JAARLIKSE Suid-Afrikaanse interprovinsiale Silwer Arende Pluimbal Toernooi het vanjaar in Port Elizabeth plaas gevind.
Die Oostelike Provinsie Pluimbal Vereniging het hierdie toernooi namens die Suid-Afrikaanse Pluimbal Vereniging aangebied. Die Oostelike Provinsie se pluimbalsaal is onlangs opgegradeer en dit was voorwaar heerlik om daar te gaan speel. 13 spanne van regoor Suid-Afrika het deelgeneem aan die toernooi.
Vier van die sewe spelers in die Noord-Natal span is van Impala Pluimbalklub, nl. Johann Coetzee, Johan Kruger, Edgar Beneke en Tienie Birkenstock.
In die spantoernooi het Noord-Natal oorwinnings behaal oor Natal Plattelande 5-1; Oostelike Provinsie 5-1; Noord-Kaap 4-2; en Boland 4-2. Alhoewel Noord-Natal met twee spelle teen vier teen Suid-Gauteng verloor het, het Noord-Natal daarin geslaag om die afdeling te wen omdat Suid-Gauteng twee wedstryde gelykop gespeel het en gevolglik het Noord-Natal met 13 punte en Suid-Gauteng met 12 punte geëindig.
Die mans dubbels was die ruggraat van die span se sukses en Johann Coetzee en Johan Kruger het daarin geslaag om as die A-mans dubbels paar al hulle spelle te wen terwyl Johann Coetzee en Edgar Beneke met die mans dubbels ook al hul spelle gewen het en nie eers een stel afgestaan het nie.
Tienie Birkenstock het saam met haar dames maat daarin geslaag om twee baie belangrike dames dubbels en saam met Andries van Eck belangrike gemengde dubbels spelle te gewen het. Johan Kruger het ook baie goed gespeel in die gemengde dubbels en daarin geslaag om vier van sy vyf spelle te gewen het.

deelgeneem het.
Johann Coetzee en Johan Kruger het dan ook graderings ontvang vir hul goeie spel. Dit is nie meer lank voordat die Suid-Afrikaanse Plattelandse Distrikte Pluimbaltoernooi in Rustenburg plaasvind nie en die spelers is reeds hard besig om voor te berei daarvoor.
Impala Pluimbalklub oefen elke Maandag- en Woensdagaand vanaf 6:00nm by die Eeufees Sportsentrum te Cecil Emmett Park en alle spelers en veral beginners is baie welkom om te kom speel. Rakette en pluimpies word voorsien en van die senior spelers is gretig om beginners te help afrig.



