Editor's choice

Op die rug van 2014 kom die hoop vir ‘n Kremlin-vernuwing

Met ons aankomende verkiesing raak dit nou meer as ooit gebiedend noodsaaklik dat mense moet besluit of hulle langer ‘n politieke elite wil aanhou wat geen rendement aan die land bring nie, wat ‘n fortuin kos, en net nog meer geld kos hoe verder ons die toekoms ingaan. Dieselfde geld broodnoodsaaklik nou vir plaaslike regering, …

Met ons aankomende verkiesing raak dit nou meer as ooit gebiedend noodsaaklik dat mense moet besluit of hulle langer ‘n politieke elite wil aanhou wat geen rendement aan die land bring nie, wat ‘n fortuin kos, en net nog meer geld kos hoe verder ons die toekoms ingaan. Dieselfde geld broodnoodsaaklik nou vir plaaslike regering, met ander woorde, munisipaliteite.
Munisipaliteite wat net die minste doen om ‘n vlaag van belastingbetaleroptrede af te weer. Maar is dit genoeg…? Doen ons munisipaliteit, wat van een ellende na die ander een skarrel, genoeg? Gaan hulle die aankomende hofsaak van die Seksie 56-bestuurders wat sommer so in die gange afgedank is, teen hulle oorleef? Wie gaan die rekeninge betaal hier?
Die Municipal Systems Act, wet 32 van 2000, vereis deur seksie 21B dat elke munisipaliteit sy eie webwerf op die been moet bring as die munisipaliteit besluit het dat hulle dit kan bekostig. Endumeni kan dit duidelik bekostig, maar het iemand al op die webwerf gaan kyk.?! Die Woestynrot het so bietjie gaan rondkrap, en dis tog heerlik interessant wat se goeters mesn op die internet kan uitkrap as jy net weet waar om te gaan soek…!Dit word wetlik vereis dat die munisipaliteit inligting op daardie webwerf bekend maak volgens die vereistes van munisipale wetgewing, en die munisipaliteit moet daardie webwerf in stand hou. Dis ‘n wetlike verpligting.
Gaan kyk bietjie Endumeni se webwerf…
Hoekom is Raadsvergaderings se notules nie op die webwerf nie.? Dis byna 120 dae agterstallig. Net so is die Uitvoerende Komitee-notules ook byna vier maande agterstallig. Die Ouditkomitee se notules is nog verder agterstallig, en die aanstelling van die nuwe een is nie op die webwerf, soos dit moet, gerapporteer nie. Hoekom nie?
Hoekom is notules van openbare verpligtinge van die agbare burgemeester nie op die webwerf gerapporteer nie? En kan iemand ons sommer ook sê hoekom die burgemeester se voertuig kan Johannesburg toe ry, 20 minute in Sandton vertoef, en dan al die pad terugry Dundee toe? Hoe is dit moontlik dat ‘n amptelike voertuig van die munisipaliteit soms teen ‘n spoed van meer as 200 kilometer per uur op ons openbare paaie ry? Waarheen is hy so haastig op pad…?
Dit word ook opgemerk dat die burgemeestersvoertuig baie keer tot 200 kilometer skynbaar doelloos in Dundee rondry oor naweke. Doen die agbare straatpatrollies? Weet die Raad ooit dat die voertuig partykeer naweke in Newcastle deurbring, en soms in Durban ook? Die voertuig is mos net daar vir amptelike burgemeestersverpligtinge, dan nie…? Of betaal belastingbetalers nou ook vir sy naweekvermaak? Dit moet privaat wees, want dis nie op die webwerf gerapporteer nie.
Wykskomiteevergaderings word ook nie meer gepubliseer nie, en die Woestynrot het sy eie ‘councillor’ meer as ‘n jaar gelede by ‘n wykskomiteevergadering gesien.
Dan kan ons seker ook maar vra hoekom die webwerf nie voldoen aan die wetlike Vereistes Wet 32 van 2000, soos bo vermeld (dis maar enkele gevalle), Wet 56 van 2003, wat die Finansiële Bestuur omvang, en Wet 6 van 2004, wat munisipale eiendomswaardasies omvang, nie? Of gaan ons wag tot alles totaal en al in sy moer is, en niemand meer ‘n huis in hierdie dorp kan koop of verkoop nie?

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Terry Worley

Terry Worley has been associated with the Courier for many years and is involved in the community covering a variety of issues affecting residents. He has a passion for local politics and for the history of the area.

Related Articles

Back to top button