Strelitzia V.I sluit suksesvolle jaar op hoogtepunt af
Strelitzia Vroue-Instituut het onlangs hul afsluitingsfunksie by Avalon Guest Manor gehou waartydens Siephan Atterbury, die eienaar, die ideale gasvrou was.
Strelitzia Vroue-Instituut het onlangs hul afsluitingsfunksie by Avalon Guest Manor gehou waartydens Siephan Atterbury, die eienaar, die ideale gasvrou was.
Die gasspreker by die geleentheid was Suzette Maakal wat aangrypende sketse voorgelees het uit een van die boeke wat sy geskryf en geïllustreer het: Poele wat sterre weerkaats.
Vanjaar was werklik ‘n hoogtepunt vir Strelitzia waartydens hul gedurende April aan Reach for Recovery, Christelike Maatskaplike Diens en Amajuba voedselprojek elkeen ‘n aansienlike bydrae kon maak.
Hulle kon ook elke maand aan verskeie organisasies, waaronder Newcastle Crisis Centre, Morester Kindertehuis, Pregnancy Centre, Esperanza en Huis Meah relevante produkte te skenk.
Met harte vol dankbaarheid kan lede nou ‘n welverdiende ruskans geniet.
Volgende vergadering: 13 Januarie 2016. Kontak: Deidré 073 170 0040.





