Wees gereed vir die lewe

Die lewe is iets wat vinnig verander. Van jou eerste werk, tot wanneer jy met ‘n gesin begin, tot onverwagse gebeure soos ‘n egskeiding, moet jou finansiële besluite by jou lewensomstandighede kan aanpas. Elke lewensmylpaal bring nuwe verwagtinge, asook nuwe verantwoordelikhede. Wanneer jy as ‘n jong professionele persoon die arbeidsmark betree, is jou verantwoordelikhede dalk …

Die lewe is iets wat vinnig verander.

Van jou eerste werk, tot wanneer jy met ‘n gesin begin, tot onverwagse gebeure soos ‘n egskeiding, moet jou finansiële besluite by jou lewensomstandighede kan aanpas.

Elke lewensmylpaal bring nuwe verwagtinge, asook nuwe verantwoordelikhede.

Wanneer jy as ‘n jong professionele persoon die arbeidsmark betree, is jou verantwoordelikhede dalk daartoe beperk om jou eie rekeninge te betaal, of dit kan insluit dat jy jou familie finansieel moet ondersteun.

In daardie stadium, is dit jou vermoë om ‘n inkomste te verdien wat jou in staat stel om dié verantwoordelikhede aan te pak.

‘n Inkomstebeskerming-polis is dus noodsaaklik om te verseker dat as jy byvoorbeeld ongeskik sou raak, jy steeds ‘n bestendige bron van inkomste sal hê.

Later, wanneer jy ‘n gesin het, is jou toekoms ten nouste verweef met dié van jou vrou of man en kinders.

Ook in hierdie stadium is dit krities belangrik dat jy en jou gesin behoorlik gedek sal wees, ingeval die lewe jou onkant betrap met die een of ander slegte voorval.

Lewensdekking raak onontbeerlik, veral as jy die primêre bydraer van ‘n inkomste is – en hoe meer mense op jou vertrou vir finansiële hulp en ondersteuning, hoe meer dekking het jy nodig.

Nog ‘n kritieke stadium om lewensdekking te oorweeg is wanneer jy nuwe bates bekom.

Jy wil fondse kan voorsien vir enige uitstaande skuld wat jy mag hê indien jy te sterwe sou kom.

Dink byvoorbeeld aan wat jy nog op jou verband en jou motor skuld.

Indien daar nie genoeg geld in jou boedel is om jou oorblywende verbandskuld te betaal nie, mag jou gesin met die moontlikheid te kampe kry dat hulle die dak oor hul koppe kan verloor.

Jou man of vrou kan ook verantwoordelik gehou word vir enige persoonlike skuld wat jy mag gehad het – en dít op ‘n tyd wanneer hy of sy dit kwalik kan hanteer.

Terwyl baie mense wel oor die dood nadink, oorweeg hulle selde die moontlikheid dat hulle ongeskik kan raak of met ‘n gevreesde siekte gediagnoseer kan word.

Die koste daaraan verbonde om aanpassing aan jou huis te maak indien jy ongeskik raak, of om te betaal vir vervoer- en akkommodasiekoste by ‘n behandelingsentrum wat ver geleë is kan ‘n addisionele skok vir jou gesin wees, as jy nie behoorlike dekking het nie.

Wanneer jou lewe dus verander, maak seker jou risikodekking is voldoende.

Kyk uit vir produkte wat jou maksimum beskerming bied, soos Sanlam se wye reeks risikovoordele van hoë gehalte.

Vind uit of jou dekkingsvlak hoog genoeg is.

Vul dit aan as jou verantwoordelikhede en skuld intussen toegeneem het, en pas ook jou testament aan.

Kontak een van die volgende Sanlam Finansiële Adviseurs, by Carpe Vita BlouSter Finansiële Adviesdienste vir kundige advies.

Paul de Kock – 017 735 2484 / 082 553 2195

Sampie Marais – 034 315 2491 / 083 253 5778

Jeandré Landman – 017 735 2484 / 082 399 6444

Sanlam is ’n Gelisensieerde Verskaffer van Finansiële Dienste.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button