EntertainmentLifestyle

Mnr en Mej Volkrust word gekroon

Die jaar was ‘n besonderse geleentheid aangesien die leiers die funksie self aangebied het, en puik van hulle taak gekwyt het.

Mnr. en Mej. VHS is ‘n jaarlikse funksie wat by Volkies aangebied word.

Dié spogfunksie word gereël deur Volkies se Graad 10 leiers, onder leiding van die graadvoog, me Mandie Pretorius.

Die jaar was ‘n besonderse geleentheid aangesien die leiers die funksie self aangebied het, en puik van hulle taak gekwyt het.

Chardonnay Arends word gekroon as tweede prinses, Sanele Zulu as eerste prinses en Sonika Pelser as mej. VHS. By die seuns is Branden Magudulela tweede prins, Lungelo Masuku is eerste prins en NT Stols mnr. VHS.

‘n Groot woord van waardering aan ons beoordeelaars, me Grobler, mnr. Greyling, me Moola, wat bereidwillig was om te deel in die aand. Dankie aan me Pretorius en die Graad 10 leierskorps vir harde werk, en ‘n puik funksie!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button