EntertainmentLifestyle

Courier at the movies – Nul Is Nie Niks Nie

Grab a copy of Nul Is Nie Niks Nie from Chatz today

Ek het hierdie fliek maar skepties benader, maar het gou agtergekom dat hierdie eintlik ‘n Afrikaanse kunsfliek is.

Dis is speel af in die dorpie Waterval-Boven, en gaan in hoofsaak oor ‘n jong hoenderboer, wat deur sy skoolmaats Hoener genoem word, (ek wonder hoekom..?) sy suster, wat ‘n skollie boyfriend op die dorp het, en sy ma, wat eens ‘n befaamde aktrise was, maar nou ‘n patetiese sukkelaarvrou is wat in haar huis wegkruip na haar man se dood.

Hoener (gespeel deur Jaden van der Merwe), is ‘n laaitie wat sy gat afsukkel om sy hoenders aan die lewe te hou, sodat hy kan eiers in die dorp verkoop. Hy is ook kort-kort laat vir die skoolbus.

Een dag sien hy ‘n vreemde hond wat sy hoenderhen doodbyt, en hy hou die nuwe bure se seun Drikus (gespeel deur Pieter Louw) verantwoordelik. Hy gaan oor na die bure se huis, en loop hom in Drikus vas, wat hom met ‘n videokamera afneem.

Drikus sĂȘ iets waarvan hy nie hou nie, en hy slaan hom met die vuis. Hierdie is die kritieke punt van die film, waar ek besluit het om dit tot op die einde te kyk. Moenie dat die zombies jou afsit om die fliek te kyk nie. Pieter ly aan Hodgkin se siekte, en hierdie vuishou maak dat Hoener moet betaal vir die kamera. Saam besluit die twee om? ‘zombiefliek’ te maak, en hul raak groot tjomme.

Dis ‘n ‘serieuse’ movie hierdie. Gaan kyk hom, regtig. Die goeie ouens wen bigtime hier. Die fliek is ernstig, en dit vat bietjie werk om in die storie te kom, maar dis die moeite werd.

7 out of 10

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button