EntertainmentLifestyle

Helpende Hand sê dankie

Die Newcastle-tak van Solidariteit Helpende Hand, kon weer gedurende die pas afgelope Desember skoolvakansie, ? verskil maak in die lewens van minder bevoorregte leerders in ons dorp.

Article submitted

Die Newcastle-tak van Solidariteit Helpende Hand, kon weer gedurende die pas afgelope Desember skoolvakansie, ? verskil maak in die lewens van minder bevoorregte leerders in ons dorp.

Die tak se vakansie-voedingsprojek fokus op leerders wat afhanklik is van die daaglikse ete wat hulle gedurende die skoolkwartaal by die skool ontvang.

ALSO READ: FOTOS: Strelitzia sluit die jaar af met ‘n helpende hand

Die projek het ten doel om hierdie kwesbare groep in ons gemeenskap, te ondersteun deur die voorsiening van kospakkies gedurende die skoolvakansie. Danksy bydrae van die gemeenskap, het dit ons instaat gestel om gestalte te gee aan hierdie visie en kon ons daardeur hoop skep vir die dag van môre.

Soos tevore berig, het die plaaslike tak van Helpende Hand ? fonds gestig ten bate van Afrikaanssprekende leerders in Newcastle. Vanweë finansiële beperkings kon die fonds slegs vier voornemende studente help met ‘n gedeelte van hulle klasgeld vir 2018. Die hulp kom in die vorm van ‘n rentevrye studielening wat terugbetaalbaar is na voltooiing van sy/haar studies. Sonder bydraes van die gemeenskap, is hierdie inisiatief nie volhoubaar nie.

Die leesvermoë van Suid-Afrikaanse kinders word vanjaar deur Solidariteit Helpende Hand se skooltassie-projek, aangespreek. Dit volg na die organisasie bevind het dat 55 persent van behoeftige kleuters nog nooit ’n leesboek besit het nie.

Dit sluit aan by die verslag, van ‘n internasionale leesgeletterdheidstudie, wat gewys het dat 78 persent van Suid-Afrikaners in graad 4, nie met begrip kan lees nie. Daarom het Helpende Hand besluit om vanjaar ’n Bybelleesboekie in die tassie te sit sodat elke kind sy of haar eie boekie het.

Die verwagting is dat die insluiting van dié leesboekie, kinders op ‘n vroeë ouderdom sal inspireer om te lees en daarmee hulle opvoeding ‘n hupstoot sal gee. Die Skooltassie-projek dien ‘n tweeledig doel.

Op die korttermyn verlig dit ekonomiese druk vir minderbevoorregte gesinne en op die langtermyn spreek dié projek leesvaardighede aan deur die leesboekie wat in die tassie is.

“Kinders moet kan lees om te kan leer.”

Die skooltassie-projek poog om behoeftige Graad 1’s in staat te stel om hul skoolloopbaan op gelyke voet met hul klasmaats te begin.

Helpende Hand deel vanjaar ongeveer 4 600 tassies regoor die land uit, verskeie skole in Newcastle was ook onder die ontvangers.

Jy kan die kinders in jou gebied ondersteun deur die woord “Tassie” na 42266 te SMS en so betrokke te raak by die projek. ’n SMS kos R30, of besoek www.tassie.co.za.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button