EntertainmentLifestyle

Jak de Priester kom kuier in Newcastle op Vrydag aand

Op 2 Maart hou Jak de Priester sy vertoning, 15 Jaar, by The Pines Wedding and Conference Village, aangebied deur Schuinshoogte Voortrekkerkommando. Kaartjies beloop R250 per persoon en sluit 'n vingerete in, en daar sal ook 'n kontantkroeg beskikbaar. Kontak Susan vir meer inligting by 082 563 2158 of skakel die Pines-kantoor by 034 318 1888.

Na vyftien suksesvolle jaar in die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf, het Jak de Priester beslis geen bekendstelling nodig nie.

Hierdie bekroonde Pretoriaanse sanger met sy strelende stem, betekenisvolle lirieke, ritmiese musiek en aansteeklike verhoogpersoonlikheid, het deur die jare diep in sy ondersteuners se harte nes geskrop.

Vandag is die Sally Williams Nougat-sanger ’n gevestigde naam, met agt studio-albums, ’n kinderalbum en -DVD, ’n boek, ’n digbundel en verskeie verhoogproduksies op sy kerfstok. Hy het ook in 2012 televisie-aanbieder by sy indrukwekkende CV bygevoeg.

Ter viering van sy vol en suksesvolle loopbaan, het Jak onlangs ’n splinternuwe album, 15 JAAR, uitgereik, vol lekker-luister snitte, wat luisteraars van begin tot einde sal bekoor.

“Ek wou graag my vyftien jaar in die musiekwêreld met ’n album vier. My temalied is ‘15 Jaar Met Klavier En Kitaar’, so hierdie is ’n produk van hoe my vaardighede as liedjieskrywer oor die jare gevorder het,” vertel die sanger. “Die temas op die CD wissel tussen ons land en sy mense, kinders, vriendskap, ervaringe van gaste wat saam op ‘Reis na Gister’ was, en liefde en nostalgie.”

15 JAAR is ’n album wat ‘n plek verdien in elke Jak de Priester-aanhanger se versameling, met ’n kombinasie van hartsmusiek en opgewekte partytjieliedjies, waarsonder geen speellys volledig sal wees nie. Sy nuutste album en enkelsnit is nie net ’n duidelike bewys dat dié sangsensasie sy gehoor se belange op die hart dra nie, maar ook ’n juweel vol treffers wat nog vir baie jare oor die radio gehoor sal word.

Op 2 Maart hou Jak de Priester sy vertoning, 15 Jaar, by The Pines Wedding and Conference Village, aangebied deur Schuinshoogte Voortrekkerkommando.

Kaartjies beloop teen R250 per persoon en sluit ‘n vingerete in, en daar sal ook ‘n kontantkroeg beskikbaar.

Kontak Susan vir meer inligting by 082 563 2158 of skakel die Pines-kantoor by 034 318 1888.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button