Irene Louise van Wyk to perform at the Newcastle Winter Festival
Indien U net die kunstenaars wil sien, sal kaartjies dan teen R100 beskikbaar wees.

April 25 – Tydens die Newcastle Winter Fees, sal daar ‘n ‘VIP oop aand’ wees by die VIP tent, met optredes deur Irene Louise van Wyk, as ook Bouwer Bosch.
Alhoewel die doel van die aand is om feesborge te bedank, is almal welkom om saam te kom kuier.
Elke tafel bevat 10 gaste teen ‘n koste van R2 000 per tafel, en dit sluit vinger etes en drankies in.
Indien U net die kunstenaars wil sien, sal kaartjies dan teen R100 beskikbaar wees.
Bespreek U tafel deur om 060 988 4791 te kontak.
Wie is Irene Louise van Wyk?
Hierdie lewenslustige blondine het tussen musikante grootgeword en vanjaar is haar vierde jaar in die bedryf en sy het reeds hope sukses bereik.
Nie net het sy al saam met van die land se voorste kunstenaars, soos Nianell, gewerk nie, maar van haar treffers, soos Meer as Woorde en Vergeet van My wat nou oor 100 000 ‘views’ op YouTube bereik het, het ook verskeie weke bo aan die treffersparades van talle radiostasies, waaronder Jacaranda FM, gehoor is.
Sy het met haar debuutalbum dit reggekry om vir haarself ’n amptelike plek in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf te vestig – nie net as sanger nie, maar ook as verhoogkunstenaar en liedjieskrywer.
Sy het haarself reeds gevestig as ’n sterk kunstenaar met wie daar rekening gehou moet word.
Sjampanje, haar splinternuwe album is ‘n voetstamplekker, lus-vir-die-lewe album, met ‘n nuwe en vars klank vir Afrikaans.
Hier is sy, Suid Afrika se eie Meghan Trainor!
Moet Irene nie misloop by vanjaar se Newcastle Winter Fees nie!
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages.
Add us on WhatsApp today! 082 874 5550

You can also email our offices on Reveshni Douglas at reveshni@caxton.co.za or newsun@caxton.co.za Bruce Douglas at Newed2@caxton.co.za Tersia Gopi at newed@caxton.co.za Zianne Leibrandt at ncschools@caxton.co.za



