Local newsNews

Vrywilligers gesoek om in televisiereeks op te tree

Met ’n onlangse kragtoer-seisoen in Brittanje agter hom keer André, die Skreeusnaakse Hipnotiseur terug na Suid-Afrika om te verfilm aan sy nuwe televisiereeks, SKATERLAG MET ANDRE!  André is op soek na jong vrywilligers wat nie skaam gaan wees om pret op die verhoog te hé nie. SKATERLAG MET ANDRE word by die New Orleans Teater …

Met ’n onlangse kragtoer-seisoen in Brittanje agter hom keer André, die Skreeusnaakse Hipnotiseur terug na Suid-Afrika om te verfilm aan sy nuwe televisiereeks, SKATERLAG MET ANDRE!  André is op soek na jong vrywilligers wat nie skaam gaan wees om pret op die verhoog te hé nie.

SKATERLAG MET ANDRE word by die New Orleans Teater by Carnival City vefilm van 18 – 28 November.  Persone (mans en dames) wat belangstel om deel van die televisiereeks te wees, is welkom om vir Monica Booysen te skakel of ‘n epos te stuur na info@lefra.com Vul ook die volgende aanlyn vorm in: https://tinyurl.com/vrywilliger

Kaartjies vir hierdie vertonings is beskikbaar by www.LTickets.co.za of 0118153000.

André, die Skreeusnaakse Hipnotiseur laat mense die afgelope 30 jaar skater met sy besondere handelsmerk van skreeusnaakse hipnotiese vermaak.

Sy pad na roem het in 1994 begin, by die Victory-teater in Johannesburg, waar sy seisoen van vier weke uiteindelik ’n triomfantelike 11 weke geword het. Van daar het hy kruis en dwars deur Suid-Afrika, Namibië, Zimbabwe, Swaziland en Australië getoer, waar hy telkens die bywoningsrekords laat spat het waar hy ook al opgetree het.

Met sy opleiding in teater en komedie bied André weer vir sy unieke vorm van vermaak waar lede van die gehoor en sy vrywilligers die sterre op die verhoog word. André maak gebruik van vrywilligers uit die gehoor, hipnotiseer hulle en gee dan aan die min-wetende sterre van die vertoning allerhande opdragte om hulle op verskillende vreemde, eienaardige en wonderlike maniere met mekaar te laat interreageer.

André, wat opgelei is deur wyle Max Collie, se eenman-vertoning gee  ’n sterk dosis komedie. Nie twee van sy vertonings is ooit dieselfde nie – André se vertoning laat sy gehore aand na aand terugkom. Met die klap van sy vingers verander André die  gehipnotiseerde vrywilligers in wasmasjiene, tikmasjiene, maan-mannetjies en selfs ’n Baywatch-lewensredder! En dit is maar net ’n paar van die  skreeusnaakse dinge wat André voor ons oë met hipnose laat gebeur!

André, die skreeusnaakse hipnotiseur stel sy teatergehoor dadelik gerus dat hy net vrywilligers vir sy vertoning gebruik. Niemand sal ooit gedwing word om aan die vertoning deel te neem nie, maar dié wat dapper genoeg is om die verhoog te betree word vergoed met vyf minute van beroemdheid deurdat André met elke vertoning van hulle sterre maak.

“Bring jou familie en vriende saam en daag hulle uit om op die verhoog te gaan!  Dit skep altyd wa-vragte pret en bring die beste uit al die vrywilligers!” sê André.  “As jy nog nooit ’n hipnose-vertoning op die verhoog gesien het nie, is dit nou die tyd om jou kaartjie te bespreek vir die jôl van ’n leeftyd.”

 

  • André se TV-show, Skaterlag met André, sal op VIA (kanaal 146 op DSTV) te sien wees vanaf Januarie 2025.  Om deel van die TV-opnames te wees, kontak  vir Monica Booysen by 011 815 3000 of stuur ’n e-pos na info@lefra.com  Vul asseblief ook die volgende aanlynvorm in: https://tinyurl.com/ vrywilliger

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button