Local newsRecipes

Wêreld se maklikste grondboontjiebotter-bruintjies

Jou hele gesin sal dit geniet.

Hierdie grondboontjiebotter-bruintjies is so maklik om te maak en benodig net 3 bestanddele. Dit bevat geen meel, olie of bakpoeier nie. Dit is perfek vir wanneer jy lus is vir ‘n vinnige nagereg.

Bestanddele:

  • ½ Koppie (128 g) onversoete natuurlike romerige grondboontjiebotter
  • 2 groot eierwitte
  • 1 Koppie (110 g) poeiersuiker

Metode:

  • Voorverhit oond tot 177°C.
  • Seer ‘n bakpan of oondbak.
  • Voeg grondboontjiebotter en eierwitte by in ‘n groot mengbak.
  • Gebruik ‘n klitser om te meng totdat eierwitte heeltemal in die grondboontjiebotter ingewerk is.
  • Hou aan klits totdat beslag glad is.
  • Voeg die poeiersuiker by.
  • Gebruik ‘n spatel om die poeiersuiker in te vou.
  • Hou aan om te roer totdat alle poeiersuiker ingewerk is. Jou beslag moet baie taai en ‘n bietjie loperig wees.
  • Skraap beslag in jou voorbereide pan.
  • Gebruik jou spatel om dit eweredig oor die pan te versprei soos nodig.
  • Bak vir ongeveer 20-25 minute of totdat ‘n tandestokkie skoon uitkom.
  • Laat heeltemal afkoel voor dit gesny en bedien word.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button