Local newsNews

Voertuig en duisende rande se voorraad weg: Inbrekers het vooraf hul huiswerk gedoen

Die bakkie en voorraad wat gesteel is, is steeds soek

Die inbrekers wat Sondagnag derduisende se batterye en rugsteun kragopwekkers by Battery Centre in Parys gesteel het, sowel as die onderneming se voertuig, is oƫnskynlik ervare hande gewees wat hul huiswerk vooraf goed gedoen het.

Willem Viviers, eienaar van die onderneming, vertel dat alles daarop dui dat die inbrekers reeds die Donderdag voor die inbraak al op die dak was, en gepeuter het om dit makliker te maak om toe hul toeslaan, toegang tot die gebou te kon kry.

Die inbraak was Sondagnag om 223:30 en het die inbrekers presies geweet wat hul doen. Die alarm is gedeaktiveer voordat hulle hulself gehelp het aan die voorrad wat toe op die onderneming se bakkie gelaai is en waarmee hulle weg is.

Selfs die sekuriteitskameras se video-opnemer en alarmsender is gevat.

Die bakkie met registrasienommer CTG 311FS sowel as die voorraad was teen die plasing van die berig nog soek. Die bakkie was gemerk, maar is dit moontlik dat die misdadigers dalk reeds die bemarkingsmateriaal verwyder het.

Willem vertel dat hoewel daar al voorheen inbrake was, was dit enkele goed wat gevat is. “Hierdie was die werk van professionele hande.”

“Mens spandeer soveel aan veiligheid. Ek weet nie wat om nog te doen nie,” sĆŖ Willem.

“Mens moet wakker wees en bedag op die tekens as iets nie sou reg wees nie,” waarsku hy. Alarmogies wat skiellik sonder rede jou alarm laat afgaan. Minder opsigtelike dinge in jou veiligheidsnetwerk waarmee dalk gepeuter sou word. Wees ook bedag op misdadigers wat onder die dekmantel dat hulle potensiĆ«le klliĆ«nte is, in jou winkel rondstaan maar duidelik nie daar is om iets te koop nie.

Partykeer is dit die klein dingetjies wat ons miskyk, wat ‘n misdadigers se planne in die wiele kan ry, as jy bedag is daarop.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button