Local newsNews

Wêreldkampioenskap-eer vir sensei Roelien

Sensei Roelien Vorster van Parys het van 11-13 Oktober die eer gehad om haar land as lid van die SA Protea-span by die ICO wêreldkampioenskappe vir gevegkuns in Frankfurt, Duitsland, te verteenwoordig. Sensei Roelien het aan die wapenstyle in kata en kumite deelgeneem, en verower twee silwer en twee goue medaljes. Die SA Protea-span met …

Sensei Roelien Vorster van Parys het van 11-13 Oktober die eer gehad om haar land as lid van die SA Protea-span by die ICO wêreldkampioenskappe vir gevegkuns in Frankfurt, Duitsland, te verteenwoordig.

Sensei Roelien het aan die wapenstyle in kata en kumite deelgeneem, en verower twee silwer en twee goue medaljes.
Die SA Protea-span met sy elf spanlede het ‘n totaal van 36 medaljes huis toe gebring en eindig algeheel in die negende plek uit die 21 deelnemende lande.

 

Sensei Roelien doen karate vanaf 1986 en is ‘n instrukteur by Parys Martial Arts.

Sy gradeer in Desember vir haar 4de dan.

Parys Martial Arts oefen Maandae en Woensdae in die NG Oos-kerksaal vanaf 17:30 tot 18:15 vir studente met wit tot geel gordels, en van 18:15 tot 19:00 vir studente met oranje tot swart gordels.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button