Local newsNews

Vrolike voëlkykers

Klublede besoek Vaal de Grace Natuurlandgoed op 7 Desember waar daar eers voëls gekyk sal word voordat daar by een van die lede uitgespan sal word.

Nie minder nie as 44 voëlspesies is aangeteken tydens Feathers Voëlklub se besoek aan Sunwa River Lodge op Saterdag, 26 Oktober.

‘n Vinnige uitstappie is ook op 2 November ingepas toe 19 lede van die klub by Mizpa naby Kroonstad gaan voëls kyk het.
Die dryfveer agter dié vinnige besoek was die aantal Grootflaminke plus ‘n menigte ander watervoëls wat toe by Perdepan was. Ongeveer 58 voëlspesies is die dag aangeteken, en daarna is daar onder die bome piekniek gehou.

Die voëlklub is dankbaar teenoor grondeienaars wat altyd bereid is om voëlkykers te ontvang.

Geen klubvergadering sal einde November gehou word nie, maar klublede besoek Vaal de Grace Natuurlandgoed op 7 Desember waar daar eers voëls gekyk sal word voordat daar by een van die lede uitgespan sal word. Tussen die natuurlandgoed en die golfbaan langsaan, is daar vanaf 2018 ‘n totaal van 94 voëlspesies aangeteken.

Oud en jonk geniet die voëlkykuitstappies.

Alle belangstellendes is welkom by die uitstappie en ontmoet om 07:00 by die Vaal de Grace Natuurlandgoed-hek. Onthou jou piekniekmandjie met eetgerei, verkyker en stoel.

Vir meer inligting oor Feathers Voëlklub of die byeenkomste, skakel Hansie Bekker by 082 820 4306, Peter Killian by 083 625 8100, of Martin Wolmarans by 082 851 2121.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button