Local newsNews

Moenie ‘n blinde oog draai op geslagsgebaseerde geweld nie

Met vanjaar se veldtog teen geslagsgebaseerde misdaad, is die wekroep nie net op Suid-Afrikaners nie, maar wêreldwyd om saam te staan om 'n einde te bring aan hierdie misdaad.

Geslagsgebaseerde misdaad styg tradisioneel oor die feestyd, ook in die plaaslike gemeenskap, is verlede week tydens die Parys Gemeenskap Polisiëring Forum (GPF) jaarvergadering gesê.

In ‘n poging om hierdie misdaad te bekamp word die 16 Dae Aktivisme veldtog teen geweld teen vroue en kinders jaarliks internasionaal gehou om geweld teen vroue en kinders aan te spreek. Die veldtog skop vandag af op 25 November (die internasionale dag vir die bekamping van geweld teen vroue),  en eindig 10 Desember (Internasionale Menseregtedag).

Met vanjaar se veldtog teen geslagsgebaseerde misdaad, is die wekroep nie net op Suid-Afrikaners nie, maar wêreldwyd om saam te staan om ‘n einde te bring aan hierdie misdaad.

Annemarie du Toit, voorsitter van die Parys Gemeenskap Polisiëring Forum (GPF) antwoord van die vrae rondom geslagsgebaseerde misdaad.

Watter misdaad word ingesluit by geslagsgebaseerde geweld?
Geslagsgebaseerde misdaad (GBV) verwys na enige skadelike optrede gerig teen ‘n individu, gebaseer op daardie individu se geslag. Dit is gewortel in geslagsongelykheid, die misbruik van mag en skadelike praktyke Onder GBV word ‘n reeks van fisieke, sesksuele en psigologiese geweld ingesluit waaronder:
Intieme verhoudingsgeweld – fisieke, seksuele en emosionele misbruik binne ‘n intieme verhouding
* Seksuele geweld – verkragting, seksuele aanranding en teistering
* Gesinsgeweld – binne in ‘n gesamentlike woning, en sluit in kindermishandeling en geweld teen ouer persone
* Mensehandel – uitbuiting van individue, meestal vroue en kinders, vir dwangarbeid of seksuele doelwitte
* Geforseerde troue – om iemand in ‘n huwelik te verbind teen haar sin of teen n jong ouderdom
* Eergebaseerde geweld – dade van geweld wat gepleeg word om die “eer” in ‘n familie of gemeenskap te herstel
* Vrouemoord – die moor van ‘n individu bloot omrede sy vroulik is
* Aanlyn geweld – Teistering, agtervolging en mishandeling oor digitale platvorms.
Daar is ‘n geneigdheid om aan te toon dat GBV teen mans ook gepleeg word en gepleeg kan word, en alhoewel korrek, vermaan die Parys GPF dat so ‘n uitkyk/opmerking, die belangrikheid van optrede teen geweld teen juis vroue, verminder, sê Du Toit.

Hoe bekamp ons geslagsgebaseerde geweld?
* Bewusmaking op skoolvlak
* Regs- en beleidsmaatreels waardeur wette teen GBV ingestel word
* Ondersteuningsdienste vir individue wat GBV oorleef en oorwin
* Die betrokkenheid van die gemeenskap
* Ekonomiese bemagtiging deur gelykheid in die werksplek
* Navorsing en data-insameling
Internasionale samewerking tussen lande
* Tegnologiese oplossings deur byvoorbeeld sogenaamde hotlines
* Voorspraak en aktivisme
* Die aanspreek van die grondoorsake van geslagsgebaseerde misdaad.

Die rol van die GPF in die bekamping van GBV:
* Du Toit sê GPF’s dwarsoor die land speel ‘n belangrike rol in die bekamping van GBV.
* Die GPF fasiliteer beter kommunikasie tussen die polisie en die gemeenskap en hou dus die polisie aanspreeklik vir hul optrede en verseker dat die polisie effektief reageer op GBV gevalle.

* Die GPF organiseer werkswinkels en bewusmakingsveldtogte waardeur gepoog word om die gemeenskap op te voed oor die bestaan van GBV, die tekens daarvan en hoe om dit te rapporteer. * Daardeur word gemeenskapslede bemagtig om op te tree teen GBV en om slagoffers te ondersteun.

* Die GPF werk ook saam met plaaslike organisasies om ondersteuningsdienste te verskaf vir GBV slagoffers, soos berading, regshulp en veilige skuilings.

Die publiek word aangeraai om die Parys GPF te ondersteun en aan te sluit by hul bewusmakingsveldtogte. GBV is nie ‘n problem wat slegs tydens 16 Dae van Aktivisme aangespreek behoort te word nie, maar moet op voortdurende basis teen voorspraak gemaak word om dit uit te roei in die gemeenskap.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button