Local news

Mamma met kanker trek boeke oor vir mediesekostes

Sy moet vroeg 2025 ‘n masektomie ondergaan.

Alicia van Wyk (37), ‘n Potchefstroom-mamma van twee jong kinders, is April vanjaar met borskanker gediagnoseer. Sy trek nou skoolboeke oor om geld in te samel om haar mediesekostes vir ‘n lewensreddende operasie te betaal.

Alicia is ‘n enkelmamma en is alreeds deur chemo, maar moet vroeg 2025 ‘n masektomie ondergaan. Sy is in Februarie 2023 deur ‘n egskeiding en moes weer van voor af begin.

Sy het besluit om kinders se skoolboeke oor te trek, vir ‘n fooi, om haar mediesekostes te probeer dek. As sy die papier en plastiek moet voorsien, is die kostes R300. Indien jy self die benodighede voorsien, is die kostes R200. As sy meer as een kind per gesin se boeke oortrek, kry die gesin R50 afslag.

Indien jy jou kind se boeke by haar wil laat oortrek of ‘n donasie wil maak om haar met haar mediesekostes te help, kan jy haar by 064 509 4029 kontak.

Jy kan ook by haar BackaBuddy skenk: https://www.backabuddy.co.za/campaign/fight-4-life~2

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button