Local newsNews

Besemstokke hou die spiere soepel

Die groep bejaardes is verlede week verrras met oefenhemde deur die organiseerders van die Parys 150 feesviering.

Elke week swaai besemstokke, houtlepels, hoepels en selfs swembadnoedels fluks in een van die sitkamers by AMOT wanneer bejaardes van dié tehuis saam met Marietjie Oehley oefen om die spiere aan die gang te hou. “Daar is soveel voordele aan oefening vir bejaardes,” vertel Marietjie. “Nie net hou dit jou jonk van gees nie, maar help dit bejaardes om langer selfstandig en onafhanklik oor die weg te kom.”

Dit is ook ‘n goeie teenvoeter vir die verouderingsproses, vertel sy verder. Sy verduidelik dat oefening die brein stimuleer en die geheue versterk. Daarbenewens verbeter dit bloedsirkulasie, help dit om balans en koördinasie te verbeter, versterk spiere en plaas oefening jou in ‘n beter bui met endorfiene – die sogenaamde goedvoelhormone – wat tydens oefening vrygestel word.


Met net 15 minute se oefening per dag kan dit jou kans om depressie te ontwikkel met tot 26% verminder, meen kundiges.


Die bejaardes van AMOT wat elke week saam met Marietjie oefen is boonop Donderdag voor hul oefensessie verras met ‘n skenking van kleurvolle oefenhemde.

Koos Botha saam met die Amot oefengroep. Foto: Liezl Scheepers
Koos Botha saam met die Amot oefengroep. Foto: Liezl Scheepers


Koos Botha het die hemde namens die organiseerders van die Parys 150-feesviering (Parys Info & Tourism) aan hulle oorhandig.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button