So lyk dit nou by Grootdraaidam
Daar het reën in die Vaaldam, Bloemhofdam en Grootdraaidam se opvangsgebiede geval.
Die Grootdraaidam naby Standerton is tans 97,73% vol met uitvloei teen 456 kubieke meter per sekonde en invloei teen 270 kubieke meter per sekonde. Daar is 16mm reën in die dam se opvangsgebied gemeet.
Twee sluise is steeds op 3m oop, maar een van die sluise sal na 1m verminder word teen 12:00 vanmiddag. Grootdraaidam se water vloei in die Vaalrivier en voed uiteindelik ook Vaaldam.

Vaaldam is vanoggend 32,94% vol met invloei teen 1 030 kubieke meter per sekonde. Daar is 12,8mm reën in die Vaaldam se opvangsgebied gemeet.
Barrage staan op 98,25% met uitvloei teen 44,783 kubieke meter sekonde.
Bloemhofdam is nou 70,76% vol. By die dam se opvangsgebied is 16mm reën gemeet.



