Local newsNews

Deur die dak om te steel

Sekuriteitsbeamptes was blitsig op die toneel en het die inbrekers die hasepad gekies.

Twee sake-ondernemings in Parys het die afgelope week met ‘n soortgelyke modus operandi onder diewe se hande deurgeloop.
Vrydag in die vroeë oggendure is daar by Welkom-kafee in Loopstraat ingebreek. ‘n Blikskêr is gebruik om ‘n gat in die dakplate te sny sodat toegang deur die plafon by die oliebraaier se skoorsteen gekry kon word.

Wonnie Bezuidenhout vertel dat lede van Parys Sekuriteit blitsig daar was toe die kafee se alarm afgegaan het, en het dit waarskynlik die diewe die hasepad laat kies.

Hier het die inbrekers toegang tot die kafee gekry.

Al die sigarette wat hulle agter die toonbank gevat het is op die vloer gekry.

Daar is ook die afgelope week by die Exact klerewinkel in Kortstraat op soortgelyke wyse ingebreek en klere gesteel.
Die inbrekers van beide voorvalle is nog op soek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button