Local newsNews
Pistool en ammunisie by verdagtes gekry
Die vuurwapen, ammunisie en kluis is na bewering op 2 Februarie in die vroeë oggendure gesteel.

Drie verdagtes tussen die ouderdom van 19 en 26 jaar sal voor die Heilbronse landdroshof verskyn op klagte van die besit van ‘n ongelisensieerde vurwapen en ammunisie.
Die verdagtes is deur die Heilbronse polisie onder leiding van die stasiebevelvoerder, luitenant-kolonel Mokhethi, gearresteer nadat inligting oor ‘n huisbraak en diefstal saak opgevolg is.
Die polisie het tydens die arrestasie beslag gelê op ‘n 9mm pistool, een lewendige rondte ammunisie asook ‘n kluis wat in die besit van die verdagtes gevind is., het polisiewoordvoerder, sers. Josephine Rani gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



