Local newsNews

262 Mense die afgelope drie maande in die VS vermoor

Huishoudelike geweld het tot 30 gevalle van die totale moordsyfer bygedra.

Misdaadstatistieke wat vir die laaste kwartaal tussen Oktober 2024 en Desember 2025 vrygestel is, wys dat gemiddeld 2,8 mense per dag in die Vrystaat vermoor word. Hoewel die kwartaalsyfer vir moorde  met 2,2% gedaal het, is die realiteit dat 262 mense die afgelope drie maande in dié provinsie vermoor is, en sê die DA hy is bekommerd oor die syfer as in ag geneem word dat net 2,9 miljoen mense in die Vrystaat woon.

Gevalle van poging tot moord, seksuele oortredings en aanranding gewoon en ernstig, het volgens die kwartaalsyfer toegeneem.  Parkweg, Bloemspruit en Thabong is steeds die grootste probleemareas vir misdaad in die provinsie.

Huishoudelike geweld het bygedra tot 30 moorde, 82 pogings tot moord, 117 verkragtings, 838 aanrandings met die opset om ernstig te beseer, en 1 750 aanrandings gewoon.

Die DA sê in ‘n verklaring dat huishoudelike geweld kenmerkend is van die afbreek van gewinswaardes in die samelewing weens verslegtende sosio-ekonomiese omstandighede wat vererger word deur dwelm- en drankmisbruik.

Die party sê ook hy is bekommerd oor misdaad wat nie altyd gerapporteer word nie en sonder spesifiek veediefstal uit.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button