Local newsNews

Groot skade aan Vrystaatse spoorlyne na swaar reën

Verskeie spoorroetes word geraak en beïnvloed ook die Primêre Gesondheidsdienste wat deur die Phelophepa trein gelewer word.

Swaar reën in die Vrystaat,  het ook groot skade aan spoorlyne veroosaak, en is die Transnet Phelophepa Primêre Gesondheidsorg trein 1 se beplande besoek aan Bethlehem  as gevolg hiervan onbepaald uitgestel. Die trein sou van 28 April tot 9 Mei Bethlehem besoek het om primêre gesondheidsdienste aan dié gemeenskap te lewer.
Die Vrystaatse Departement van Gesondheid sê idat daar gekyk word na alternatiewe roetes omdat die departement die belangrikheid van die dienste wat deur die Phelophepa trein gelewer word, besef.  ‘n Nuwe skedule vir die trein sal bekendgemaak word sodra dit gefinaliseer is, het Mondli Mvambi, woordvoerder van die departement, Saterdag gesê.
Ander treinroetes moes intussen ook aangepas word weens skade aan onder meer die spoorlyn tussen Koppies en Rooiwal op die Kroonstad-lyn, asook by Sasolburg.
Transnet Vrag en Spoor veiligheid het die skade aan lyne bevestig.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button