Tennisklub se kampioene gekroon
Rohan Williams is die klubspeler wat vanjaar die beste vordering getoon het.
Rudi Matthee is tydens die Parys-tennisklub se klubkampioenksappe wat op 17 en 24 Oktober op die klubbane by die Parys Golf & Country Estate beslis is, aangewys as die Mans Enkels wenner. Lucas Molontoa was die naaswenner. Rudi en Lucas was ook die Afdeling A Dubbels-wenners, met Hennie Schoeman en Rohan Williams as naaswenners.

Die Dames enkels wenner was Drien Williams, met Mira Rourke as naaswenner.

Natalie Roslee en Hanne-Marie Roslee het die Dames Dubbels gewen, met Drien Williams en Willien Diedericks as naaswenners.
Die toekenning vir die klubspeler wat die beste vordering getoon het die afgelope jaar, is oorhandig aan Rohan Williams.

Parys-tennisklub bedank ChaMia Hair, Nails and Beauty Spa en Galito’s Chicken SA vir hul ondersteuning aan die klub.



