Local newsNews

Kyk: Baie water nou – maar daar was al baie meer

Die water wat nou gesien word in Parys is heelwat minder as wat in die 2023 gesien is.

Oor die jare is volledig rekord gehou van vloeimeterlesings en die vlak van die Vaalrivier gemeet by die Schoemansdrift-brug in die Vredefort Koepel.

Met die Vaalrivier se water wat deur die nag effens hier gestyg het, kon daar nie meer vanoggend by die meetplaat gekom word om ‘n lesing te neem nie . Gistermiddag teen 16:45 was die laaste lesing van die Vaalrivier se watervlak by die brug 4,6m en vloei gemeet teen  3 020 kubieke meter per sekonde.

Vorige rekord

Die rekord was in 1975  met die watervlak wat toe tot 5,8m by brug gestyg het. Met die 2023 vloed het die Vaalrivier die naaste aan die rekord gekom met die watervlak wat toe 5,6m by die Schoemansdrift-brug gemeet het.

Kyk hoe het die lesings by die Schoemansdrift-brug in die verlede gelyk:

17:00 – 9 Februarie 1944 – watervlak gemeet 5,303m; watervloei 3 725 kubieke meter per sekonde

12:36 – 22 Februarie 1975 – watervlak gemeet 5,818m; watervloei 4 212 kubieke meter per sekonde

09:12 – 8 Januarie 2011 -watervlak gemeet 5,138m; watervloei 3 533 kubieke meter per sekonde

12:00 – 19 Februarie 2023 – watervlak gemeet 5,605m; watervloei 4 028 kubieke meter per sekonde.

Meer onlangse statistiek by Schoemansdrift-brug:

10:00 – 7 April 2025 – watervlak gemeet op 1,850m; watervloei gemeet teen 1 464 kubieke meter per sekonde

17:30 – 24 April – watervlak gemeet op 3,46m; watervloei gemeet teen 1 974 kubieke meter per sekonde

Die foto is vanoggend by die Schoemansdrift-brug in die Vredefort Koepel geneem toe daar nie meer by die meetplaat gekom kon word nie. Gistermiddag kon daar nog ‘n lesing by die meetplaat geneem word. Foto: Sue Jansen van Rensburg.

2023 Vaalvloed

Met die 2023-vloed het water in onder meer Fickstraat, die Esplenade en Venusstraat in Parys geloop en is heelwat meer water as nou gesien. Verskeie motors het in die water vasgeval.

Foto’s: Liezl Scheepers

So lyk dit nou

So het dit Saterdag by die hangbrug in Parys gelyk met die Vaal se water naby aan die sypaadjie by die brug. Foto’s: Liezl Scheepers.

Die foto hieerbo is Saterdag in Fickstraat geneem. In 2023 kon jy nie hier loop nie. Foto’s: Liezl Scheepers.

Die foto is Saterdag by die laagwaterbrug na Gholfeiland in Parys geneem. Foto: Liezl Scheepers.

Kortpad deur die lande

In die Vredefort Koepel het die Vaalrivier met die huidige styging in die watervlak nou kortpad in die draai deur hul lande gevat, vertel Sue Jansen van Rensburg. Die foto’s wat deur Sue geneem is, gee ‘n beeld geneem van stroomop na stroomaf. Waar die bome in die water staan, is normaalweg oewer.

Foto’s: Sue Jansen van Rensburg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button