Die beginsels van kunsontwerp was die onderwerp van bespreking by die Parys Vroue-Landbou-unie se byeenkoms op 6 Oktober.
Marietjie le Roux was die spreker en het ‘n video gewys van verskeie kunstenaars se werke, waaronder dié van Michelangelo, da Vinci, Rembrandt, David, Courbet, Monet, Van Gogh, Pollock, Munch, Mondriaan, Adriaan Boshoff en William Kentridge. Sy het daarna aan die hand van dié kunstenaars se werke verduidelik hoe die beginsels van ontwerp en lyngebruik van antieke tye tot vandag steeds toegepas word.
Die laaste VLU-byeenkoms vir 2026 word op 17 November gehou. Soos altyd is gaste welkom. Vir meer inligting en navrae, skakel Annatjie Dreyer by 082 464 0204 of Bernadet van der Ende by 082 474 0304.

Tuisgemaakte mayonaise
Bestanddele
1 Koppie olie
1 Eetlepel asyn
Halwe teelepel sout
1 Eier
Peper na smaak
Meng goed met mengstaaf tot regte dikte.



