Local newsNews

Boere en sekuriteitsmaatskappye geloof vir hulp om bankrowers vas te trek

Die drie vermeende bankrowers sal Maandag voor die hof verskyn.

Boere van die Sannieshof-gemeenskap en private sekuriteitsmaatskappye se hulp en vinnige optrede het Vrydag, 30 Oktober, daartoe gelei dat drie vermeende bankrowers blitsig gearresteer is.

Die rooftog het na bewering omstreeks 10:30 plaasgevind Een van die verdagtes het buite die bank gewag, terwyl die ander twee die perseel binnegegaan het. Een van hulle is toe na die bestuurder se kantoor waar ’n vuurwapen op hom gerig is, en hy beveel is om saam te werk.

Die bankbestuurder is toe na bewering gedwing om saam met die verdagtes na die kluis te gaan, waar hy opdrag gekry het om geld in sakke te plaas. Die verdagtes het daarna met die geld op die vlug geslaan in ‘n wit Toyota Corolla gevlug.

Ná die rooftog het die polisie ’n multidissiplinêre operasie van stapel gestuur waarby die Sannieshof Farmer’s Community in Blue, asook die sigbare polisiëringseenhede van Sannieshof en Biesiesvlei, speurders van Sannieshof, polisielede van Lichtenburg en Coligny, die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek (DPCI), die Taktiese Reaksiespan (TRT) en die Plaaslike Misdaadtoneel-registrasiesentrum (LCRC) betrek is.

Die rol wat die Sannieshof Farmer’s Community in Blue gespeel het, was deurslaggewend in die suksesvolle arrestasie van die verdagtes. tussen 47 en 49 jaar oud, het die polisie gesê.

Een van die sakke en klere wat na bewering tydens die bankroof gebruik is, is teruggevind.

Die verdagtes sal Maandag in die Delareyville-landdroshof verskyn op aanklagte van bankroof.

Die wit Toyota Corolla wat na bewering tydens die rooftog gebruik is, is later verlate in Sannieshof gevind.

’n Hommeltuigoperateur en die Lichtenburg K9-eenheid is ook ontplooi om die gebied vir verdere bewyse te deursoek.

Die saak sal deur die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek (DPCI) ondersoek word.

Die polisiekommissaris vir Noordwes, luitenant-generaal Arthur Peter Adams, het die Sannieshof-boeregemeenskap in blou en die private sekuriteitsmaatskappye wat deel is van E2 (Eyes and Ears of Police), geloof vir die hulp wat verleen is.

Adams sê die samewerking tussen die SAPD en die breër boeregemeenskap is werklik inspirerend en weerspieël die ware gees van ubuntu. “Die dapper en onbaatsugtige optrede van gewone landsburgers tydens ’n ernstige misdaad wat aan die gang was, word opreg waardeer.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button