Local newsNews

Heldedaad geloof om werkers, kinders uit vloedwater te red

Die kritieke reddingsoperasie in uiters gevaarlike vloedtoestande het ongeveer tien ure geduur.

Die brawe optrede en  toewyding van lede van die polisie se reddingspan wat Donderdag vasgekeerde plaaswerkers en hul families tydens ‘n urelange en kritieke reddingsaksie  uit vloedwater  na veiligheid gebring het, is wyd geloof. Die plaaswerkers is by twee afsonderlike punte in hul huise vasgekeer toe die Koppies dam begin oorloop het.

Sers. Mahlomela Kareli sê polisieduikers is om 12:00 na die dam nadat die noodroep van die vasgekeerde werkers ontvang is. ‘n Man is by ‘n tydelike struktuur wat onder water was gered, waarna nog tien mense onder wie ook kinders van onderskeidelik drie en vier maande oud, en ‘n bejaarde man uit ‘n oorstroomde plaashuis gered is. Al die vasgekeerdes was van dieselfde plaas.

Die reddingspan wat bestaan het uit a.o. Hollie Holtzhausen, sers. Arno Cronje, sers. Sweli Simamane, knst. Jaja Molefe en knst Monica Delport, het onverpoosd tot ongeveer 22:00 die aand gewerk om die gestrande werkers wat in lewensgevaar was na veiligheid te bring. Hulle is bygestaan deur ‘n plaaslike inwoner, mnr. Zitzke, wat sy trekker beskikbaar gestel het om te help.

Kareli sê die gekoördineerde optrede het die sukses van die reddingsoperasie verseker.
Die Vrystaatse provinsiale polisie kommissaris, luitenant-generaal Gaile Motswenyane het die vinnige reaksie van die span en uitstaande toewyding van a.o Holtzhausen, sers. Cronje, sers. Simamane, knst Molefe en knst Delport geloof. “Hul brawe en professionele optrede in ‘n uiters gevaarlike situasie het sonder twyfel mense lewens gered,” het Motswenyane gesê.

Die Vrystaatse polisie het ook sy opregte dank betuig aan mnr. Zitzke vir sy onbaatsugtige hulp tydens die kritieke reddingsoperasie. Dit het weer bewys watter groot bydrae gemeenskappe lewer in tyd van nood, is gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button